GALASIËRS 6:9-10
GALASIËRS 6:9-10 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ons moenie ophou om goeie dinge te doen nie, want as ons aanhou om goeie dinge te doen, dan sal ons op die regte tyd die ewige lewe kry. Daarom, ons moet vir almal goed wees terwyl ons tyd het, vir die mense wat in Christus glo, en dan ook vir ander mense.
GALASIËRS 6:9-10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.
GALASIËRS 6:9-10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel. Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.
GALASIËRS 6:9-10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat ons daarom nie moeg raak om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die regte tyd oes. Laat ons dan, terwyl ons die geleentheid het, aan almal goed doen, maar veral aan die huisgesin van die geloof.
GALASIËRS 6:9-10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En laat ons nie moeg word om goed te doen nie, want op die regte tyd sal ons maai as ons nie verslap nie. Terwyl ons dan geleentheid het, laat ons goed ulled w alle mense, veral aan die huisgenote van die geloof.
GALASIËRS 6:9-10 Die Boodskap (DB)
Kom ons hou aan om goed te doen. Dit is presies wat die Here wil hê. Dan sal ons op die regte tyd ons oes van Hom ontvang. Terwyl ons nog tyd oorhet, moet ons elke geleentheid benut om goed te doen aan almal wat op ons pad kom, maar veral aan ons broers en susters in die Here. Hulle is ons bloedfamilie.