GALASIËRS 6:12-16
GALASIËRS 6:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik 'n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie. Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het. Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. Of 'n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy 'n nuwe mens is. En almal wat volgens hierdie beginsel leef, die ware Israel – mag God aan hulle vrede gee en barmhartigheid bewys.
GALASIËRS 6:12-16 Bybel vir almal (ABA)
Daardie mense wat aanhou sê julle moet julle laat besny, doen dit omdat hulle net belangstel in mense se liggame. Hulle doen dit, want hulle is bang dat hulle sal swaarkry as hulle moet sê dat mense net moet glo in Christus wat gekruisig is, nie ook in die besnydenis nie. Hulle is besny, maar hulle doen self nie wat die wette sê nie. Hulle wil julle laat besny, sodat hulle kan spog oor wat hulle met julle gedoen het. Ek wil nie soos hulle wees nie. Ek wil net oor een ding spog, en dit is oor die kruis van ons Here Jesus Christus. Hy het vir my gesterf, en daarom is die dinge waaroor die mense spog, nie belangrik vir my nie, en ek is nie belangrik vir daardie mense wat oor hierdie dinge spog nie. Want dit is nie belangrik of 'n mens besny is of nie besny is nie. Die belangrikste is: Ons Here Jesus Christus het ons verander, ons is nou nuwe mense. As mense so lewe, dan sal God vir hulle vrede gee en Hy sal baie goed wees vir hulle. Die mense wat so lewe, is nou Israel, die volk van God.
GALASIËRS 6:12-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Almal wat 'n mooi vertoning in die vlees wil maak, dié dwing julle om julle te laat besny net om nie ter wille van die kruis van Christus vervolg te word nie. Want ook hulle wat besny word, hou self nie die wet nie; maar hulle wil hê dat julle besny moet word, sodat hulle in julle vlees kan roem. Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar 'n nuwe skepsel. En mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!
GALASIËRS 6:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daardie mense wat so daarop aandring dat julle julle ook moet laat besny, wil maar net uiterlik 'n goeie indruk maak, sodat hulle nie vervolg sou word ter wille van die kruis van Christus nie. Al het hulle hulle laat besny, onderhou hulle self nie die wet van Moses nie, maar hulle wil net hê dat julle julle moet laat besny sodat hulle kan roem oor wat met julle liggaam gebeur het. Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. Of 'n mens besny is of nie, is nie van belang nie, maar dat jy 'n nuwe mens is. En almal wat volgens hierdie beginsel leef, die ware Israel – mag God aan hulle vrede gee en barmhartigheid bewys.
GALASIËRS 6:12-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mense wat deur die uiterlike 'n indruk wil maak – dit is hulle wat julle probeer dwing om besny te word, net sodat hulle nie ter wille van die kruis van •Christus vervolg sal word nie. Want diegene wat hulle laat besny, onderhou self nie die wet nie, maar hulle wil hê dat julle besny word, sodat hulle hulle op julle liggame kan beroem. Maar wat my betref, mag dit my tog nie oorkom dat ek my op iets beroem nie, behalwe op die kruis van ons Here Jesus Christus, waardeur die wêreld vir my gekruisig is, en ek vir die wêreld. Want nóg besnedenheid, nóg onbesnedenheid beteken hoegenaamd iets, maar wel 'n nuwe skepping. Vir hulle wat volgens hierdie beginsel leef: vrede en ontferming – en vir die Israel van God!
GALASIËRS 6:12-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Almal wat 'n mooi vertoon in die vlees wil maak, ulled wing julle om besny te word; net dat hulle nie vervolg word vir die kruis van Christus nie. Want ook hulle wat besny is, onderhou die wet nie; maar begeer dat julle julle laat besny, sodat hulle in julle vlees kan roem. Maar God verhoed dat ek sou roem, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid iets baat, maar 'n nuwe skepsel. En almal wat volgens hierdie reël wandel, vrede oor hulle en barmhartigheid en oor die Israel van God.
GALASIËRS 6:12-16 Die Boodskap (DB)
Daardie mense in die gemeente wat vir julle sê om besny te word, doen dit net om ander te beïndruk. Op dié manier soek hulle ’n maklike uitweg sodat hulle nie vervolg word nie. Hulle is nie bereid om die lyding te verduur wat hand aan hand gaan met die regte verkondiging van die kruis van Christus nie. Gaan kyk mooi, daardie mense wat sulke groot voorstanders van die besnydenis is, verroer self nie ’n vinger om te doen wat die wet sê nie. Hulle wil net hê dat julle ook besny moet word sodat hulle oor julle kan spog. Hulle wil graag sê dat hulle daarin geslaag het om julle na hulle kant toe oor te haal. Ek self sal dit nooit waag om oor iets anders as oor die kruis van ons Here Jesus Christus te spog nie. Ek is saam met Hom gekruisig. Daarom het die wêreld en al sy sondige begeertes geen houvas meer op my lewe nie. Ek is dood vir die mag van die sonde. Wanneer ’n mens glo, maak dit nie meer saak of jy besny is of nie. Al wat nou saak maak, is dat jy ’n splinternuwe mens is; ’n splinternuwe skepping. Almal wat volgens Christus se nuwe reëls leef, is nou deel van die nuwe Israel. God gee aan hulle almal sy vrede en genade.
GALASIËRS 6:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al daardie mense wat julle wil dwing om besny te word, vir hulle gaan dit net om uiterlik die regte indruk te maak sodat hulle nie oor die kruis van Christus vervolg word nie. Hulle wat besny word, leef self nie werklik volgens die wet nie. Hulle wil julle egter laat besny om met dit wat aan julle liggaam gedoen is, te spog. Maar ek – ek wil my op niks anders beroem as die kruis van ons Here Jesus Christus nie. Want daardeur is die wêreld vir my gekruisig, en ek vir die wêreld. Dis nie belangrik of iemand besny of nie besny is nie, maar dis belangrik of iemand ’n nuwe mens is. Mag God se vrede en ontferming met almal wees wat volgens hierdie beginsel lewe. Húlle is Gód se Israel!