GALASIËRS 5:1-3
GALASIËRS 5:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Christus het julle vrygemaak. Daarom moet julle vry bly. Julle moenie dat ander mense julle weer slawe van wette maak nie. Ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle vir julle laat besny, dan help dit nie dat julle in Christus glo nie. Ek sê weer reguit vir julle: Elkeen wat hom laat besny, moet dan alles doen wat al die wette sê.
GALASIËRS 5:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou.
GALASIËRS 5:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou.
GALASIËRS 5:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vryheid is waarvoor •Christus ons bevry het! Staan dan vas, en laat julle nie weer onder 'n juk van slawerny indwing nie! Kyk, ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle julle laat besny, sal •Christus vir julle waardeloos wees. Ek getuig weer teenoor elkeen wat hom laat besny, dat hy verplig is om die hele wet te onderhou.
GALASIËRS 5:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van slawerny verstrik word nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle julle laat besny, Christus julle niks sal baat nie. Want ek getuig weer aan elke mens wat besny is, dat hy 'n skuldenaar is om die hele wet te doen.
GALASIËRS 5:1-3 Die Boodskap (DB)
Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie. Kom ek sê reguit vir julle wat ek bedoel. As een van julle julle laat besny, maak julle ’n bespotting van die nuwe vryheid wat Christus aan julle gegee het. Dan kan julle maar net sowel ophou om in Hom te glo. Dan moet julle ook weer die wet gehoorsaam.
GALASIËRS 5:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus niks vir julle beteken nie. Ek sê dit weer: Elkeen wat besny word, is verplig om die hele wet na te kom.