GALASIËRS 5:1-22
GALASIËRS 5:1-22 Die Boodskap (DB)
Christus het ons vrygemaak om regtig vry te wees. Hou vas aan hierdie vryheid. Moet dit vir niks ter wêreld prysgee nie. Moenie toelaat dat ander mense julle weer slawe van hulle skewe sienings maak nie. Kom ek sê reguit vir julle wat ek bedoel. As een van julle julle laat besny, maak julle ’n bespotting van die nuwe vryheid wat Christus aan julle gegee het. Dan kan julle maar net sowel ophou om in Hom te glo. Dan moet julle ook weer die wet gehoorsaam. Julle wat besluit het om al hierdie godsdienstige reëls en wette te hou om in die regte verhouding met God te wees, sny julle heeltemal van Christus af. Julle het buite die kragveld van sy genade beland. Aan die ander kant, ons wat glo, het ’n wonderlike vooruitsig. Omdat die Gees by ons is, weet ons dat ons op pad is na God se nuwe wêreld. Hy sal sorg dat ons saak met God reg is wanneer ons eendag voor Hom moet gaan staan. As ons in Christus glo, maak dit glad nie saak of ons die teken van die besnydenis aan ons liggaam dra of nie, want dit tel glad nie meer by God nie. Dit is uit die mode; ou nuus. Al wat nou saak maak, is geloof, daardie soort geloof wat maak dat ons ander mense met alles in ons liefhet. Tot dusver het julle baie goed gevorder op die pad van die geloof. Soos goeie atlete het julle voluit gehardloop. Wie het nou vir julle kom sê om anders te lewe? Beslis nie God nie. As julle op hierdie verkeerde pad aanhou loop, gaan julle later die hele kerk saam met julle in die gemors insleep. Onthou, ’n klein bietjie suurdeeg maak immers ’n groot stuk deeg suur. Maar voordat julle dink ek het julle heeltemal afgeskryf, wil ek darem net sê: ek is nie te mismoedig oor julle nie. In vertroue op die Here weet ek dat julle nie op sleeptou geneem sal word deur verkeerde leringe nie. Maar daardie persoon wat julle kop so deurmekaar kom krap het, wie hy ook al is, speel met vuur. God se oordeel wag op hom. My liewe broers en susters, daar by julle word ’n storie versprei dat ek sou gesê het dat gelowiges nog steeds besny moet word. Dit is ’n leuen. Ek sou mos nooit soveel teëstand ervaar het as ek dit gesê het nie. My prediking oor die kruis sou dan nie so ’n groot probleem vir my opponente gewees het nie. Dit lyk vir my diegene wat sê Christene moet besny word, het julle kop behoorlik deurmekaargemaak. Ek wens daardie spul se mes gly ’n slag sodat hulle hulleself ontman. Dan het hulle iets anders om hulle oor te bekommer. My broers en susters, God het julle na Hom toe geroep sodat julle vry kan wees. Moet asseblief nie hierdie vryheid misbruik as ’n verskoning om sonde te doen nie. Die belangrikste wat julle moet doen, is om mekaar lief te hê. Wanneer julle regtig vir mekaar omgee en lojaal aan mekaar is, doen julle presies wat God van julle vra. Die hele wet van God word in een enkele sin opgesom: “Jy moet vir ander mense net soveel omgee soos vir jouself.” As julle altyd aan die baklei is, as julle mekaar soos ’n trop kwaai honde byt en verskeur, bly daar later niks meer van julle oor nie. Julle moet julle lewe deur die Heilige Gees laat beheer. Laat Hy aan die stuur staan van alles wat julle dink en doen en sê. Dan sal die sonde julle nooit onderkry nie. Onthou, sondige begeertes is ’n vyand van die Heilige Gees. Maar die omgekeerde is ook waar: die Heilige Gees is ’n vyand van elke sondige begeerte. Daarom kan julle nie die een dag aan julle sondige begeertes toegee en die volgende dag aan die kant van die Gees probeer staan nie. Julle kan nie leef soos julle wil nie. As julle lewe deur die Heilige Gees beheer word, hoef julle nie meer al die reëls en voorskrifte van die wet te gehoorsaam nie. ’n Mens kan duidelik sien watter mense gekies het om deur hulle sondige begeertes oorheers te word. Hulle doen mee aan die verskriklikste seksuele sondes. Hulle lewe is vol onreinheid en goddeloosheid. Hulle aanbid ’n spul dooie afgode en hou hulle besig met waarsêery. Hulle lewe loop oor van haat en twis. Hulle gun niemand iets nie. Hulle is aggressief, selfsugtig, altyd besig om te stry en verdeeld onder mekaar. Hulle lewe is vol jaloesie. Die een dronkpartytjie na die ander is hulle kos. Hulle gee hulle oor aan vieslike uitspattighede en nog baie ander slegte dinge. Ek waarsku julle, soos ek julle al tevore gewaarsku het, om nie soos hierdie mense te lewe nie. Onthou, mense wat so lewe, sal nooit ’n plek kry in God se nuwe wêreld nie. Aan die ander kant kan ’n mens duidelik sien watter mense se lewe deur die Heilige Gees beheer word. Net soos ’n boom wat ’n baie goeie vrug oplewer, wys hierdie mense se lewe dat hulle aan God behoort. Sulke mense gee baie om vir ander. Hulle lewe is vol vreugde. Die vrede wat van God af kom, ken en ervaar hulle. Hulle verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Hulle straal vriendelikheid en warmte uit; daarom wil ander graag in hulle teenwoordigheid wees. Hulle doen goeie dinge vir ander mense. Ander kan altyd op hulle reken omdat hulle self deur dik en dun op God vertrou. Hulle is vol deernis en ontferming. Die Gees stel hulle in staat om hulleself goed te beheer sodat sonde nooit hoogty in hulle lewe vier nie.
GALASIËRS 5:1-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur. Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam? Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid. 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg. Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal dink soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf. Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman! Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie. Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie. Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid
GALASIËRS 5:1-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus niks vir julle beteken nie. Ek sê dit weer: Elkeen wat besny word, is verplig om die hele wet na te kom. Julle wat deur God vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, het julle van Christus losgemaak. Julle het God se genade verbeur. Wat ons betref, die Gees laat ons uitsien na dit waarop ons hoop: vryspraak deurdat ons glo. Vir mense wat met Christus verenig is, is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word. Julle het so goed gevorder. Wie het julle gekeer om die waarheid te bly gehoorsaam? Die idee kom nie van Hom wat julle geroep het nie! Onthou: ’n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. Ek het vertroue in die Here wat julle betref dat julle nie anders as ek sal dink nie. Maar die persoon wat julle verwar het, sal gestraf word, wie dit ook al is. Wat my betref, broers en susters, as dit waar is dat ek steeds verkondig dat besnydenis noodsaaklik is, waarom word ek dan vervolg? Dan is daar mos nie meer ’n kruisboodskap wat kan aanstoot gee nie. Ek wens werklik dat dié wat julle opstandig maak oor die besnydenis, sommer hulleself kastreer! Broers en susters, julle is inderdaad geroep om in vryheid te leef. Moet net nie die vryheid misbruik om sondige begeertes te bevredig nie, maar gebruik dit om mekaar met liefde te dien. Die hele wet is saamgevat in een opdrag: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar. Pas op dat julle mekaar nie heeltemal verslind nie! Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie. ’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, is die wet nie meer julle baas nie. Die dinge wat ons sondige geaardheid ons laat doen, is bekend: seksuele sondes, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towerkuns, vyandigheid, rusie, jaloesie, woede, selfsugtige ambisie, verdeeldheid, partyskappe, afguns, dronkenskap, wilde partytjies en al sulke dinge. Ek herhaal my vroeëre waarskuwing oor hierdie dinge: Wie sulke dinge doen, sal nie as erfgenaam deel hê aan God se koningsheerskappy nie. Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid
GALASIËRS 5:1-22 Bybel vir almal (ABA)
Christus het julle vrygemaak. Daarom moet julle vry bly. Julle moenie dat ander mense julle weer slawe van wette maak nie. Ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle vir julle laat besny, dan help dit nie dat julle in Christus glo nie. Ek sê weer reguit vir julle: Elkeen wat hom laat besny, moet dan alles doen wat al die wette sê. Julle wat dink God sal julle vryspreek omdat julle doen wat die wette sê, julle is nie meer by Christus nie. Julle het God se genade verloor. Maar ons hoop en ons weet God sal ons vryspreek omdat ons die Heilige Gees het en in Christus glo. As ons aan Christus Jesus behoort, dan maak dit nie saak of ons besny is of nie besny is nie. Wat is belangrik? Dit is belangrik dat ons moet glo en dat ons lief moet wees vir God en vir ander mense. Julle het voorheen gedoen wat God wil hê, maar nou keer iemand vir julle en julle doen nie meer daardie dinge nie, die dinge wat mense doen wat die waarheid ken. Dit is nie God wat vir julle keer nie. God het julle geroep, en julle is nou sy kinders. Julle moet onthou 'n klein bietjie suurdeeg laat al die deeg rys. Ek is seker julle sal dink soos ek dink, want julle behoort aan die Here. Maar God sal die man straf wat julle koppe deurmekaar maak. Dit maak nie saak wie daardie man is nie. Vriende, daar is mense wat sê ek preek en sê gelowiges moet hulle laat besny, maar dit is nie waar nie. Ek het vir gelowiges gesê hulle moet hulle nie laat besny nie, dit is hoekom party mense my laat swaarkry. Want as ek vir gelowiges gesê het hulle moet hulle laat besny, dan was my boodskap oor die kruis van Christus nie vir party mense 'n probleem nie. Ek wens al die mense daar by julle wat julle koppe deurmekaar maak en wat sê julle moet besny word, sny hulle eie geslagsorgane heeltemal af. Vriende, God wil hê julle moet vry wees, maar julle moenie dink julle is vry en dan doen julle die slegte dinge wat mense graag doen nie. Nee, julle moet lief wees vir mekaar en julle moet mekaar help. Want die boodskap van al God se wette is: “ Jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.” Maar julle doen dit nie. Julle is soos honde wat mekaar byt en hap. Julle moet oppas dat julle nie mekaar op-eet nie! Ek sê vir julle: Die Heilige Gees moet julle lewens regeer. Dan sal julle nie die slegte dinge doen wat mense graag doen nie. Want die slegte dinge binne-in julle harte wil altyd iets anders hê as wat die Heilige Gees wil hê. En die Heilige Gees wil iets anders hê as wat die slegte dinge in julle harte wil hê. Hulle is altyd teen mekaar. Daarom kan julle nie die dinge doen wat julle self wil doen nie. En as die Heilige Gees julle lewens regeer, dan regeer die wette nie meer oor julle nie. Almal weet wat die slegte dinge is wat mense graag doen: Hulle lewe onsedelik, hulle slaap by mense met wie hulle nie getroud is nie, hulle doen wat hulle wil, hulle dien afgode, hulle toor, hulle is vyande van ander mense, hulle haat ander mense, hulle is jaloers, hulle word maklik kwaad, hulle stry met almal, hulle maak mense kwaad vir mekaar, hulle maak mense vyande van mekaar, hulle wil nie hê ander mense moet meer hê as hulleself nie, hulle drink totdat hulle dronk is, hulle hou wilde partytjies, en hulle doen nog meer slegte dinge. Ek het voorheen vir julle gesê en ek sê nou weer: Mense wat hierdie dinge doen, sal nie die ewige lewe kry nie, die lewe by God, die Koning. Maar as die Heilige Gees mense se lewens regeer, dan doen hulle goeie dinge: Hulle is lief vir ander mense, hulle is bly, hulle maak vrede, hulle is geduldig, vriendelik en goed, hulle doen wat hulle belowe
GALASIËRS 5:1-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
STAAN dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid enige krag, maar die geloof wat deur die liefde werk. Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. 'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees. Maar ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis vernietig! Ag, as die wat julle opstandig maak, hulleself tog maar ook wou vermink! Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde. Want die hele wet word vervul in een woord, naamlik: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie die een deur die ander verteer word nie. MAAR ek sê: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie; want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie. En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondenheid; afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloersheid, toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf sê, soos ek al vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
GALASIËRS 5:1-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle: As julle julle laat besny, sal Christus vir julle geen betekenis hê nie. Ek sê dit weer nadruklik vir elkeen wat hom laat besny: Hy is verplig om die hele wet van Moses te onderhou. Julle wat van julle sonde vrygespreek wil word deur die wet te onderhou, julle het julle band met Christus verbreek, julle het die genade van God verbeur. Wat ons betref, deur die werking van die Gees is dit ons hoop en verwagting dat ons deur te glo, vrygespreek sal word. In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Julle was so goed op pad. Wie het julle verhinder om die waarheid te bly gehoorsaam? Wie het julle omgepraat? Nie God nie; Hy roep julle tot gehoorsaamheid. 'n Bietjie suurdeeg deurtrek die hele deeg. Ons band met die Here gee my die vertroue dat julle net so sal dink soos ek. Maar die man wat vir julle in verwarring bring, wie hy ook al mag wees, God sal hom straf. Wat my betref, broers, as ek nog verkondig dat 'n mens besny moet word, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die kruis as struikelblok mos uit die weg geruim. Ek wens die mense wat dié verwarring onder julle stig, wou hulleself dan maar heeltemal ontman! Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as 'n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Maar julle byt en verskeur mekaar; pas op dat julle mekaar nie later heeltemal verslind nie. Wat ek bedoel, is dít: Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor begeertes van julle sondige natuur nie. Wat ons sondige natuur begeer, is in stryd met wat die Gees wil, en wat die Gees wil, is in stryd met wat ons sondige natuur begeer. Hierdie twee staan lynreg teenoor mekaar, en daarom kan julle nie doen wat julle graag wil nie. Maar as julle julle deur die Gees laat lei, staan julle nie meer onder die wet nie. Die praktyke van die sondige natuur is algemeen bekend: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodsdiens, towery, vyandskap, haat, naywer, woede, rusies, verdeeldheid, skeuring, afguns, dronkenskap, uitspattigheid en al dergelike dinge. Ek waarsku julle soos ek julle al vroeër gewaarsku het: Wie hom aan sulke dinge skuldig maak, sal nie die koninkryk van God as erfenis verkry nie. Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid
GALASIËRS 5:1-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vryheid is waarvoor •Christus ons bevry het! Staan dan vas, en laat julle nie weer onder 'n juk van slawerny indwing nie! Kyk, ek, Paulus, sê nou vir julle: As julle julle laat besny, sal •Christus vir julle waardeloos wees. Ek getuig weer teenoor elkeen wat hom laat besny, dat hy verplig is om die hele wet te onderhou. Julle wat op grond van die wet geregverdig wil word, julle is van Christus afgesny – julle het die genade verbeur! Want dit is deur die Gees, op grond van die geloof, dat ons die vryspraak verwag waarop ons hoop. Want in Christus Jesus is besnedenheid of onbesnedenheid van geen belang nie, maar wel geloof wat deur liefde werksaam is. Julle het goed gehardloop. Wie het julle verhinder om aan die waarheid gehoorsaam te bly? Dié oorreding kom nie van Hom wat julle roep nie. 'n Bietjie suurdeeg maak al die deeg suur. Wat julle betref: Ek is in die Here daarvan oortuig dat julle nie anders as ek sal dink nie; maar die een wat julle in verwarring bring, sal die straf dra, wie hy ook al mag wees. En ek, broers, as ek steeds die besnydenis verkondig, waarom word ek dan nog vervolg? Dan is die struikelblok van die kruis immers uit die weg geruim. Ek wens diegene wat julle so opstandig maak, wil hulleself heeltemal ontman! Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik, sodat dit aanleiding gee vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle nie deur mekaar verorber word nie! Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van die vlees uitvoer nie. Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen die vlees; die twee opponeer mekaar, sodat julle dit wat julle ook al wil, nie kan doen nie. As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die wet nie. Die praktyke van die vlees is goed bekend, naamlik onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring, afguns, dronkenskap, gefuif, en hierdie soort dinge – waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die •koninkryk van God nie sal beërf nie. Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid
GALASIËRS 5:1-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van slawerny verstrik word nie. Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle julle laat besny, Christus julle niks sal baat nie. Want ek getuig weer aan elke mens wat besny is, dat hy 'n skuldenaar is om die hele wet te doen. Christus het vir julle tot niet geword, elkeen van julle wat deur die wet geregverdig is; julle het uit die genade verval. Want ons wag deur die Gees op die hoop op geregtigheid deur die geloof. Want in Jesus Christus het nòg die besnydenis nòg die onbesnedenheid iets baat; maar geloof wat deur liefde werk. Julle het goed gehardloop; wie het julle verhinder dat julle aan die waarheid nie gehoorsaam sou wees nie? Hierdie oortuiging kom nie van hom wat jou roep nie. 'n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur. Ek vertrou op julle deur die Here, dat julle nie anders gesind sal wees nie; En ek, broeders, as ek nog die besnydenis verkondig, waarom word ek dan nog vervolg? dan is die oortreding van die kruis opgehou. Ek wil selfs dat hulle afgesny word wat jou pla. Want, broers, julle is tot vryheid geroep; gebruik net die vryheid nie as 'n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur liefde. Want die hele wet word in een woord vervul, ook hierin; Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Maar as julle mekaar byt en opeet, pas op dat julle nie deur mekaar verteer word nie. Dit sê Ek dan: Wandel in die Gees, en julle sal nie die begeerlikheid van die vlees volbring nie. Want die vlees begeer teen die Gees en die Gees teen die vlees; en hulle is in stryd met die ander, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie. Maar as julle deur die Gees gelei word, is julle nie onder die wet nie. Nou is die werke van die vlees openbaar, dit is dit; Egbreuk, hoerery, onreinheid, losbandigheid, Afgodery, heksery, haat, afwyking, navolging, toorn, twis, oproer, dwaalleer, Afguns, moorde, dronkenskap, brasserye en dergelike dinge waarvan ek julle tevore vertel, soos ek julle ook vroeër gesê het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërwe nie. Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, sagmoedigheid, goedheid, geloof