GALASIËRS 4:4
GALASIËRS 4:4 Die Boodskap (DB)
Maar toe die regte tyd aanbreek, die tyd waarop God self besluit het, het Hy sy Seun na ons toe laat kom. Christus se aardse ma het toe aan Hom geboorte geskenk. En, soos alle Joodse seuns, het Hy onder die reëls van die wet grootgeword. Dit is hoekom Hy almal wat onder die swaar gewig van die wet gebuk gaan, kan vrymaak.
GALASIËRS 4:4 Bybel vir almal (ABA)
Maar toe God besluit het dit is die regte tyd, het Hy sy Seun gestuur. Sy Seun was 'n mens, soos ons, en Hy moes doen wat die wette sê.
GALASIËRS 4:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet
GALASIËRS 4:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar toe die tyd wat God daarvoor bepaal het, aangebreek het, het Hy sy Seun gestuur. Hy is uit 'n vrou gebore en van sy geboorte af was Hy aan die wet onderworpe
GALASIËRS 4:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar toe die tyd vervul is, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet
GALASIËRS 4:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gemaak uit 'n vrou, gebore onder die wet