GALASIËRS 4:12-16
GALASIËRS 4:12-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek smeek julle, broers, word soos ek, omdat ek soos julle geword het! Julle het my geen onreg aangedoen nie. Julle weet dat ek die eerste keer weens my siekte die evangelie aan julle verkondig het, en alhoewel my siek liggaam vir julle 'n beproewing was, het julle my nie verag of verfoei nie. Inteendeel, julle het my soos 'n engel van God ontvang, soos •Christus Jesus! Waar is julle blydskap oor my dan nou? Ek kan van julle getuig dat, indien dit moontlik was, julle julle oë sou uitruk en vir my sou gee! Het ek dan julle vyand geword omdat ek vir julle die waarheid vertel?
GALASIËRS 4:12-16 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ek vra baie mooi vir julle: Julle moet word soos ek, want ek het voorheen geword soos julle. Julle was toe goed vir my. Julle weet ek het die eerste maal daar by julle die goeie boodskap gepreek omdat ek siek was. Julle het baie swaar gekry omdat ek siek was, maar julle het my nie daaroor gehaat nie en julle was nie skaam oor my nie. Julle het my gehelp en ek was welkom by julle soos 'n engel van God, ja, soos Christus Jesus self. Julle het baie gelukkig gevoel. As julle kon, dan sou julle toe julle oë uitgehaal het om dit vir my te gee. Maar nou is julle heeltemal anders! Julle moenie dink ek is nou julle vyand omdat ek die waarheid praat nie!
GALASIËRS 4:12-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Broeders, ek bid julle, word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my geen onreg aangedoen nie; maar julle weet dat ek ten gevolge van krankheid van die vlees die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het; en julle het my beproewing in my vlees nie verag of verfoei nie, maar julle het my ontvang as 'n engel van God, ja, as Christus Jesus. Wat was dan julle saligprysing? Want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, jul oë uitgegrawe en vir my sou gegee het. Het ek dan julle vyand geword deur julle die waarheid te vertel?
GALASIËRS 4:12-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek smeek julle, broers: Word soos ek, soos ek my ook met julle vereenselwig het. Julle het my nooit sleg behandel nie. Julle onthou mos hoe dit gekom het dat ek die eerste keer die evangelie aan julle verkondig het. Dit was deurdat ek siek geword het. En al was my toestand vir julle 'n versoeking om my te verag of selfs te verfoei, het julle dit nie gedoen nie. Inteendeel, julle het my ontvang asof ek 'n engel van God was, ja, asof ek Christus Jesus self was. Julle was so bly daaroor. Wat het nou van julle blydskap geword? Dít kan ek van julle getuig: As dit moontlik was, sou julle julle oë uitgeruk en vir my gegee het. Het ek dan nou julle vyand geword deurdat ek die waarheid aan julle voorhou?
GALASIËRS 4:12-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek smeek julle, broers, word soos ek, omdat ek soos julle geword het! Julle het my geen onreg aangedoen nie. Julle weet dat ek die eerste keer weens my siekte die evangelie aan julle verkondig het, en alhoewel my siek liggaam vir julle 'n beproewing was, het julle my nie verag of verfoei nie. Inteendeel, julle het my soos 'n engel van God ontvang, soos •Christus Jesus! Waar is julle blydskap oor my dan nou? Ek kan van julle getuig dat, indien dit moontlik was, julle julle oë sou uitruk en vir my sou gee! Het ek dan julle vyand geword omdat ek vir julle die waarheid vertel?
GALASIËRS 4:12-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Broeders, ek smeek julle, wees soos Ek is; want Ek is soos julle: julle het My glad nie beseer nie. Julle weet hoe ek deur swakheid van die vlees die evangelie eers aan julle verkondig het. En my versoeking wat in my vlees was, het julle nie verag of verwerp nie; maar het my aangeneem as 'n engel van God, as Christus Jesus. Waar is dan die saligheid waarvan julle gepraat het? want ek getuig van julle dat julle, as dit moontlik was, julle eie oë sou uitpluk en aan My gegee het. Het ek dan jou vyand geword omdat ek jou die waarheid vertel?
GALASIËRS 4:12-16 Die Boodskap (DB)
My liewe broers en susters, ek smeek julle: staan ’n slag in my skoene, dan sal julle besef hoe baie ek vir julle omgee. Dan sal julle ook besef dat ek soos een van julle geword het. Ag, ek onthou nog hoe vriendelik julle my ontvang het toe ek vroeër daar by julle was. Nie een van julle het ’n skewe woord vir my gesê of my sleg behandel nie. Onthou julle nog hoe siek ek was toe ek daardie eerste maal by julle kom preek het? Tog het julle my baie goed versorg. Dit was glad nie vir julle ’n probleem of ’n verleentheid om dit te doen nie. Trouens, julle het my op dieselfde manier ontvang as wat julle ’n engel van God, ja, vir Jesus Christus self sou ontvang. Wat het dan van julle blydskap en gasvryheid geword? Party van julle sou in daardie tyd selfs julle oë uitgehaal en vir my gegee het. Maar nou is ek skielik julle vyand! En dit net omdat ek vir julle die waarheid vertel.
GALASIËRS 4:12-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, ek pleit by julle: Word soos ek, want ek is ook soos julle. Julle het my nooit enige kwaad aangedoen nie. Julle onthou mos nog die eerste keer toe ek die Goeie Nuus aan julle verkondig het. Ek het na julle gekom terwyl ek siek was. Hoewel my siekte vir julle ’n beproewing was, het julle nie vir my gegril of my vermy nie. Inteendeel, julle het my ontvang asof ek ’n engel, ja, asof ek Christus Jesus self was. Julle het julleself destyds as bevoorreg beskou. Wat het dan nou gebeur? Ek kan regtig daarvan getuig dat julle, as dit moontlik was, selfs julle oë sou uitgeruk het om hulle vir my te gee. Het ek nou vir julle ’n vyand geword omdat ek julle eerlik die waarheid vertel?