GALASIËRS 3:23-26
GALASIËRS 3:23-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus
GALASIËRS 3:23-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Voordat hierdie geloof gekom het, was ons onder die toesig van die wet, ingesluit met die oog op die geloof wat in die toekoms geopenbaar sou word. Die wet was dus ons oppasser, met die oog op Christus, sodat ons deur geloof geregverdig kon word. Maar noudat die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van 'n oppasser nie. Want deur die geloof is julle almal kinders van God in •Christus Jesus
GALASIËRS 3:23-26 Bybel vir almal (ABA)
Die wette was vir ons soos 'n wag. Dit het ons toegesluit en opgepas totdat God gesê het dit is nou die regte tyd vir mense om in Christus te glo. Die wette het ons opgepas soos 'n mens 'n kind oppas wat nie vir homself kan sorg nie. Die wette het ons opgepas totdat Christus gekom het. Toe het ons in Hom geglo, en God het ons vrygespreek van ons sondes. Nou glo ons in Christus en daarom is dit nie nodig dat die wette ons moet oppas nie. Julle almal is kinders van God, want julle glo in Christus Jesus.
GALASIËRS 3:23-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n tugmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus
GALASIËRS 3:23-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Voordat hierdie geloof gekom het, is ons deur die wet gevange gehou en bewaak totdat die tyd van die geloof sou aanbreek. Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word. Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie. Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God
GALASIËRS 3:23-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Voordat hierdie geloof gekom het, was ons onder die toesig van die wet, ingesluit met die oog op die geloof wat in die toekoms geopenbaar sou word. Die wet was dus ons oppasser, met die oog op Christus, sodat ons deur geloof geregverdig kon word. Maar noudat die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van 'n oppasser nie. Want deur die geloof is julle almal kinders van God in •Christus Jesus
GALASIËRS 3:23-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet bewaar, opgesluit vir die geloof wat daarna geopenbaar sou word. Daarom was die wet ons skoolmeester om ons na Christus te bring, sodat ons uit die geloof geregverdig kan word. Maar nadat die geloof gekom het, is ons nie meer onder 'n skoolmeester nie. Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus.
GALASIËRS 3:23-27 Die Boodskap (DB)
Voordat hierdie nuwe tydvak van geloof aangebreek het, was ons almal in ’n yslike groot tronk opgesluit. Die wet het ons dag vir dag opgepas totdat hierdie wonderlike nuwe tyd van geloof aangebreek het. Ja, soos ’n kwaai oppasser het die wet heeltyd oor ons baasgespeel totdat Christus uiteindelik gekom het. Maar nou het ons geloof ons in die regte verhouding met God gebring. Daarom staan ons nie meer onder die baasskap van die wet nie. Nee, nou is julle almal God se kinders omdat julle in Christus Jesus glo. Weet julle, toe julle gedoop is, het julle deel gekry aan Christus se redding. Julle doop was soos ’n stel splinternuwe klere. By julle doop het julle Christus aangetrek soos ’n mens ’n stel nuwe klere aantrek. Nou behoort julle heeltemal aan Hom.
GALASIËRS 3:23-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Voordat die geloof gekom het, is ons deur die wet bewaak. Ons was gevange gehou totdat God se plan van geloof geopenbaar sou word. Die wet het ons soos ’n kinderopvoeder opgepas totdat Christus gekom het. Ons is opgepas sodat ons deur te glo God se vryspraak kon ontvang. Noudat die tyd van geloof gekom het, staan ons egter nie langer onder die toesig van ’n kinderopvoeder nie. Julle is almal God se kinders deurdat julle in Christus Jesus glo.