GALASIËRS 1:11-14
GALASIËRS 1:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit moet julle goed besef, broers: die evangelie wat ek verkondig, is nie deur 'n mens uitgedink nie. Ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of by 'n mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in 'n openbaring aan my gegee. Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog 'n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei. En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was 'n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders.
GALASIËRS 1:11-14 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, dit is vir my baie belangrik dat julle dít moet besef: Die goeie boodskap wat ek preek, kom nie van mense nie. Ek het die boodskap nie by mense gekry nie, ek het dit ook nie by iemand geleer nie. Jesus Christus het dit self vir my gegee toe Hy aan my verskyn het. Julle het gehoor hoe ek voorheen gelewe het toe ek net die Joodse godsdiens geken het. Ek het baie baie slegte dinge gedoen aan die kerk van God, ek het probeer om die mense van die kerk dood te maak. Ek was 'n baie beter Jood as al die baie ander Jode wat so oud was soos ek. Ek was baie meer gehoorsaam aan die dinge wat ons voorouers vir ons geleer het.
GALASIËRS 1:11-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar ek maak julle bekend, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar deur 'n openbaring van Jesus Christus. Want julle het gehoor van my lewenswandel vroeër in die Jodedom, dat ek die gemeente van God uitermate vervolg en dit verwoes het; en dat ek in die Jodedom vooruitgegaan het bo baie van my leeftyd onder my stamgenote, terwyl ek veral 'n yweraar was vir die oorleweringe van my voorvaders.
GALASIËRS 1:11-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit moet julle goed besef, broers: die evangelie wat ek verkondig, is nie deur 'n mens uitgedink nie. Ek het dit ook nie van 'n mens ontvang of by 'n mens geleer nie. Inteendeel, Jesus Christus het dit in 'n openbaring aan my gegee. Julle het immers gehoor van my optrede toe ek destyds nog 'n aanhanger van die Joodse leer was. Ek het die kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer uitroei. En in die Joodse leer het ek onder my volksgenote bo baie van my leeftyd uitgestyg, want ek was 'n fanatieke yweraar vir die oorgelewerde leer van my voorvaders.
GALASIËRS 1:11-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek wil hê julle moet weet, broers, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie 'n menslike saak is nie; want ek het dit nie van 'n mens ontvang of geleer nie, maar wel deur 'n openbaring van Jesus •Christus. Julle het immers gehoor hoe ek vroeër volgens die Joodse godsdiens geleef het, dat ek die •kerk van God tot die uiterste vervolg en dit probeer vernietig het, en dat ek in die uitlewing van die Joodse godsdiens baie van my tydgenote in my volk oortref het, deurdat ek my soveel meer beywer het vir die tradisies van my voorvaders.
GALASIËRS 1:11-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar ek verklaar julle, broeders, dat die evangelie wat deur my verkondig is, nie na die mens is nie. Want ek het dit ook nie van 'n mens ontvang nie, en ook nie geleer nie, maar deur die openbaring van Jesus Christus. Want julle het gehoor van my wandel in die verlede in die Joodse godsdiens, dat ek die gemeente van God buitengewoon vervolg en dit vermors het. En het baat gevind by die godsdiens van die Jode bo baie van my gelykes in my eie nasie, terwyl ek meer ywerig was vir die oorleweringe van my vaders.
GALASIËRS 1:11-14 Die Boodskap (DB)
My broers en susters, verstaan my baie mooi: die goeie nuus oor Jesus Christus wat ek preek, het ek glad nie self uitgedink nie. Dit kom ook nie tweedehands van iemand anders af nie. Ek het dit glad nie op die een of ander plek gaan leer nie. Nee, op ’n bonatuurlike manier het Jesus Christus die goeie nuus wat ek verkondig aan my bekendgemaak. Voordat ek ’n Christen geword het, was ek ’n groot aanhanger van die Joodse geloof. In daardie tyd het ek die kerk van God wreedaardig vervolg. Ek wou al wat Christen is van die aardbol afvee. Ek het vinnig opgang binne die Joodse godsdienstige kringe gemaak. Kort voor lank was ek ’n modelgodsdienstige wat kop en skouers bo my volksgenote uitgestaan het. Ek was ’n fanatiese aanhanger van die tradisies van my voorouers.
GALASIËRS 1:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek verseker julle, broers en susters, die Goeie Nuus wat ek aan julle verkondig het, is nie deur mense uitgedink nie. Ek het dit nie by ’n mens gehoor of geleer nie, maar deurdat God Jesus Christus aan my geopenbaar het. Julle het mos gehoor hoe ek my vroeër, toe ek nog die Joodse godsdiens aangehang het, gedra het, dat ek God se kerk fanaties vervolg en verwoesting gesaai het. In die uitlewing van die Joodse godsdiens het ek in my ouderdomsgroep bo baie van my volksgenote uitgestaan. Ek was besig om my uitermate te beywer vir die tradisies van my voorgeslagte.