ESRA 4:3
ESRA 4:3 Bybel vir almal (ABA)
Maar Serubbabel en Jesua en die ander familiehoofde het vir hulle gesê: “Julle mag nie saam met ons die tempel bou nie. Ons wil dit alleen bou vir die Here, die God van Israel. Koning Kores van Persië het gesê ons moet dit doen.”
ESRA 4:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Serubbábel en Jésua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons 'n huis vir onse God bou nie, maar óns alleen sal vir die HERE, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.
ESRA 4:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Serubbabel en Jesua en die ander familiehoofde van Israel het vir hulle gesê: “Julle bou nie saam met ons aan die tempel van ons God nie. Ons alleen sal vir die Here die God van Israel bou. Ons het die opdrag van die koning self gekry, koning Kores van Persië.”
ESRA 4:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Serubbabel en Jesua en die res van die familiehoofde van Israel antwoord hulle toe: “Julle het niks met ons te doen wanneer dit kom by die bou van die huis van ons God nie, want ons alleen sal dit vir die HERE, die God van Israel bou, soos Kores, koning van Persië, ons beveel het.”
ESRA 4:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Serubbábel en Jesua en die ander familiehoofde van Israel het vir hulle gesê: Julle het niks met ons te doen om 'n huis vir onse God te bou nie; maar ons sal self saam bou vir die HERE, die God van Israel, soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.
ESRA 4:3 Die Boodskap (DB)
Serubbabel, Jesua en die ander leiers het egter vir hulle gesê: “Ons en julle kan nie saam aan die tempel vir ons God bou nie. Koning Kores van Persië het vir ons die werk gegee om dit te bou. Ons wil dit bou sonder dat iemand anders ons help. Ons doen dit ter wille van die Here. Hy is die God van Israel.”
ESRA 4:3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Serubbabel, Jesua en die ander leiers van Israel het geantwoord: “Ons het niks in gemeen met julle nie, julle mag nie deel wees van hierdie projek nie. Koning Kores het ons beveel om die tempel vir die HERE, die God van Israel, te bou, en ons sal dit doen.”