ESRA 1:3
ESRA 1:3 Bybel vir almal (ABA)
Al die mense van die Here mag teruggaan na Jerusalem. Ek bid dat hulle God die Here by hulle sal wees. Hulle mag teruggaan en hulle mag die tempel van die Here weer bou, die tempel van die Here, die God van Israel. Die Here is die God wat in Jerusalem is.
ESRA 1:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort — mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
ESRA 1:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Enigiemand onder julle wat aan sy volk behoort – mag sy God by hom wees – mag na Jerusalem in Juda toe gaan en die tempel gaan bou vir die Here die God van Israel. Hy is God in Jerusalem.
ESRA 1:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Enigiemand onder julle uit enige deel van sy volk – mag sy God met hom wees – hy moet optrek na Jerusalem in Juda om die huis te herbou van die HERE, die God van Israel, die God wat in Jerusalem is.
ESRA 1:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wie is daar onder julle van al sy volk? sy God wees met hom, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, (Hy is die God) wat in Jerusalem is, bou.