ESEGIËL 36:35
ESEGIËL 36:35 Bybel vir almal (ABA)
Hulle sal sê: ‘Niemand kon voorheen in hierdie land woon nie, maar dit het nou geword soos die tuin van Eden. Mense het die stede se sterk mure weer gebou en hulle het daar gaan woon, in die stede wat verwoes was en waar niemand kon woon nie.’
ESEGIËL 36:35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die stede wat in puin gelê het en verwoes en afgebreek was, is versterk en bewoon.
ESEGIËL 36:35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle sal sê: ‘Dié land was verlate en nou is hy soos die tuin van Eden; die stede het in puin gelê, hulle was verlate en verwoes, en nou is hulle vestingstede met inwoners.’
ESEGIËL 36:35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle sal sê, ‘Hierdie land wat verlate gelê het, het soos die tuin van Eden geword. Die stede wat puinhope was, verlate en platgeslaan, is versterk en word bewoon.’
ESEGIËL 36:35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle sal sê: Hierdie land wat verwoes was, het geword soos die tuin van Eden; en die puinhope en verwoeste en verwoeste stede het omhein en bewoon geword.