ESEGIËL 34:15-16
ESEGIËL 34:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal self my skape en bokke se herder wees, en Ek sal hulle laat lê en rus nadat hulle genoeg geëet het.” Dit het die Here gesê, Hy wat Here is. “Ek sal die skape en bokke soek wat weggeraak het. Ek sal die skape en bokke terugbring wat oral rondloop. Ek sal hulle seerplekke toedraai, Ek sal die swak skape en bokke weer sterk laat word, maar Ek sal die vet en die sterk skape en bokke doodmaak. Ek sal reg oordeel wanneer Ek self hulle herder is.”
ESEGIËL 34:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek self sal my skape oppas, en Ek self sal hulle laat lê en rus, spreek die Here HERE. Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.
ESEGIËL 34:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou,” sê die Here my God. “Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help. Maar Ek sal dié wat vet en sterk geword het, uitroei. Ek sal 'n herder wees wat reg laat geskied.
ESEGIËL 34:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek self sal my kleinvee laat wei; Ek self sal hulle laat lê en rus.” Dit is die uitspraak van my Heer, die HERE. “ ‘ “Dié wat wegraak, sal Ek soek; dié wat verstrooi is, sal Ek terugbring; dié met gebreekte bene sal Ek verbind, en die swakkes sal Ek laat sterk word. Maar die vettes en die sterkes sal Ek uitdelg. Ek sal my skape laat wei op die regte manier.
ESEGIËL 34:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Ek sal my skape oppas en hulle laat lê, spreek die HERE HERE. Ek sal soek wat verlore is, en wat verdryf is, terugbring, en wat gebreek is, sal Ek verbind en wat siek was, versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek vernietig; Ek sal hulle met oordeel voed.
ESEGIËL 34:15-16 Die Boodskap (DB)
Van nou af sal Ek self vir my skape sorg. Ek vertrou hulle nie meer aan enigiemand toe nie. My skape sal rustig wees. As hulle rus, sal niks hulle versteur nie.” Dit is die Here, die God van Esegiël, wat so sê. “Ek sal self daardie skape gaan soek wat wegdwaal en verlore raak. Ek sal hulle veilig huis toe bring. En as ’n skaap seerkry, sal Ek self vir hom sorg. Ek sal sy wond verbind. Die swak skape sal Ek op my skouers dra. Maar die vet skape wat ander seermaak, sal Ek laat slag. My skape sal goed behandel word, want Ek gee vir hulle om.”
ESEGIËL 34:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek versorg self my skape en laat hulle in vrede lê en rus, sê die oppermagtige HERE. Ek soek na dié wat afgedwaal het en bring hulle veilig terug. Ek verbind die wonde van die beseerdes en versterk die swakkes. Maar Ek vernietig die vettes en magtiges. Ek lei die kudde in reg en geregtigheid.