ESEGIËL 34:11-12
ESEGIËL 34:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Ja, die Here, Hy wat Here is, sê: “Nou sal Ek self my skape en bokke soek en vir hulle sorg. 'n Herder soek die skape en bokke wat wegraak uit sy trop. So sal Ek my skape en bokke soek en Ek sal hulle red uit al die plekke waarnatoe hulle moes gaan daardie dag toe die donker wolke gekom het.
ESEGIËL 34:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. Soos 'n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
ESEGIËL 34:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sê die Here my God: “Ek sal self my kleinvee soek en na hulle omsien. Soos 'n herder omsien na die kleinvee wat uit sy trop verstrooi raak, so sal Ek omsien na my kleinvee en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker oordeelsdag.
ESEGIËL 34:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘ Ja, so sê my Heer, die HERE: “Kyk, Ek self, ja, Ek, gaan omsien na my kleinvee en hulle opspoor. Soos 'n herder sy kudde opspoor op die dag wanneer hy tussen die verstrooide kleinvee is, so sal Ek my kleinvee opspoor. Ek sal hulle red uit elke plek waarheen hulle verstrooi is op 'n dag van wolke en diepe duisternis.
ESEGIËL 34:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want so sê die HERE HERE: Kyk, ek sal my skape deursoek en hulle opsoek. Soos 'n herder sy kudde opsoek op die dag dat hy tussen sy skape is wat verstrooi is; so sal Ek my skape opsoek en hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is in die bewolkte en donker dag.
ESEGIËL 34:11-12 Die Boodskap (DB)
Nou sê die Here, Esegiël se God: “Ek soek self my skape wat weg is. En as Ek hulle kry, bring Ek hulle terug en gee vir hulle kos. Ek is van nou af die Skaapwagter wat vir hierdie trop skape sorg wat oor die hele wêreld rondloop. Ek sal hulle gaan soek en hulle red. Die dag toe dit bewolk was en die lug donker was, het baie van my skape verdwaal.
ESEGIËL 34:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“So sê die oppermagtige HERE: Ek sal self my skape soek en vir hulle sorg. Ek sal soos ’n herder wees wat na sy verstrooide kudde kyk. Ek sal my skape vind en red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is op daardie donker dag van oordeel.