ESEGIËL 3:8-9
ESEGIËL 3:8-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar jy moet dit weet, Ek het vir jou ook so hardkoppig gemaak soos hulle, Ek het jou kop ook so hard gemaak soos hulle koppe. Ek het jou kop so hard gemaak soos 'n diamant, dit is harder as vuurklip. Jy moenie vir hulle bang wees en vir hulle skrik nie, want hulle is 'n opstandige volk.”
ESEGIËL 3:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, Ek maak jou aangesig hard net soos hulle aangesig en jou voorhoof hard net soos hulle voorhoof. Jou voorhoof maak Ek hard soos 'n diamant, harder as 'n rots; jy mag nie vir hulle bevrees of vir hulle verskrik wees nie, omdat hulle 'n wederstrewige huis is.
ESEGIËL 3:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Ek maak jou net so onversetlik as wat hulle is, jou kop net so hard as hulle s'n. Soos diamant, harder as rots, so maak Ek jou kop. Moenie vir hulle bang wees, vir hulle skrik nie. Hulle is 'n weerbarstige volk.”
ESEGIËL 3:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kyk, Ek maak jou gesig net so stug soos hulle s'n, en Ek maak jou net so hardkoppig soos hulle. Soos 'n diamant, harder as vuurklip, het ek jou voorkop gemaak. Jy mag nie vir hulle bang wees en jy mag jou nie deur hulle laat afskrik nie, al is hulle die rebelse huis. ”
ESEGIËL 3:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, Ek het jou aangesig sterk gemaak teen hulle aangesigte en jou voorhoof sterk teen hulle voorhoofde. Ek het jou voorhoof harder as klip gemaak; bevrees hulle nie en wees nie verskrik vir hulle aanskoue nie, al is hulle 'n wederstrewige huis.
ESEGIËL 3:8-9 Die Boodskap (DB)
Maar kyk nou mooi. Ek maak jou hart en jou kop net so hard soos die mense van Israel s’n. Ek het jou so sterk soos ’n groot rots gemaak. Jy is nou so hard soos ’n diamant. Daarom moet jy nie bang wees vir die mense nie. Hulle sal niks aan jou kan doen nie. Moenie skrik as hulle vir jou kwaad word nie. Onthou, hulle is ’n klomp mense wat nog heeltyd teen My in opstand is.”