ESEGIËL 3:3
ESEGIËL 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Hy vir my: “Mensekind, jou maag moet jy voed, en jou ingewande moet jy vul met hierdie boekrol wat Ek vir jou gee.” Ek het dit geëet, en dit was so soet soos heuning in my mond.
ESEGIËL 3:3 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir my gesê: “Mens, Ek gee hierdie boekrol vir jou. Jy moet dit eet totdat jou maag vol is.” En toe ek dit eet, het dit so soet soos heuning gesmaak.
ESEGIËL 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en vir my gesê: Mensekind, laat jou buik eet, en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. En ek het dit geëet, en dit was in my mond soos heuning so soet.
ESEGIËL 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir my gesê: “Mens, eet die boekrol wat Ek jou gee, eet jou vol.” Ek het dit geëet, en dit was soet soos heuning in my mond.
ESEGIËL 3:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy het vir my gesê: Mensekind, laat jou maag eet en vul jou ingewande met hierdie rol wat Ek jou gee. Toe eet ek dit; en dit was in my mond soos heuning vir soetheid.