ESEGIËL 3:14-16
ESEGIËL 3:14-16 Die Boodskap (DB)
Die Gees van die Here het my toe opgetel en van daardie plek af weggevat waar ek die Here gesien het. Ek het baie benoud en bang gevoel. Maar die Here se hand was swaar op my. So het ek teruggekom by my eie mense, die gevangenes wat daar in die dorp Tel-Abib gebly het, naby die Kebarrivier. Ek was so oorweldig deur wat ek gesien en gehoor het dat ek vir sewe dae niks anders kon doen nie as om net tussen hulle te sit. Na ’n week het die Here weer met my gepraat
ESEGIËL 3:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die Gees het my toe opgetel en weggevat. Ek was verbitterd en kwaad, maar die HERE het my veilig vasgehou. Ek het by die Judese ballinge gekom wat langs die Kebarrivier bly. Ontsteld en verstom het ek sewe dae lank tussen hulle gesit. Toe die sewe dae verby is, het die HERE vir my ’n boodskap gegee. Hy het gesê
ESEGIËL 3:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Die Gees het my opgetel en Hy het my saamgeneem. Ek het gegaan, maar ek was kwaad en ontsteld. Ek het gevoel die Here sit sy hand hard op my. Ek het by die Judeërs in Tel-Abib gekom, hulle het langs die Kebar-kanaal gewoon. Ek het sewe dae lank daar tussen hulle gesit. Ek was so hartseer en ontsteld dat ek niks kon sê nie. En toe, ná die sewe dae, het ek gehoor die Here sê vir my
ESEGIËL 3:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem, en ek het gegaan, verbitterd in die grimmigheid van my gees; maar die hand van die HERE was sterk op my. En ek het by die ballinge gekom in Tel-Abib, wat by die Kebarrivier gewoon het, en by die plek van hulle woning; en ek het daar sewe dae lank verstom in hulle midde gesit. EN aan die einde van sewe dae het die woord van die HERE tot my gekom en gesê
ESEGIËL 3:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Gees het my opgetel en my weggevat, en ek is daar weg, swaarmoedig en ontsteld. Die mag van die Here het my op 'n harde manier in besit geneem. Ek het by die ballinge in Tel-Abib aangekom. Hulle het daar in die omgewing van die Kebarrivier gewoon, en ek het sewe dae lank verskrik daar tussen hulle gesit. Ná die sewe dae het die woord van die Here tot my gekom
ESEGIËL 3:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Gees het my opgelig en my weggeneem. Ek het gegaan – bitter en ontstemd in my gemoed. Die hand van die HERE was ferm oor my. Ek het by die ballinge uitgekom wat in Tel Aviv, langs die Kebarrivier woon; en daar waar hulle woon, daar het ek sewe dae lank tussen hulle gesit, heeltemal verbysterd. Ná die sewe dae het die woord van die HERE tot my gekom
ESEGIËL 3:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem, en ek het gegaan in bitterheid, in die hitte van my gees; maar die hand van die HERE was sterk op my. Toe kom ek by die ballinge in Telabib, wat by die Kebarrivier gewoon het, en ek het gesit waar hulle gesit het en daar sewe dae lank verbaas onder hulle gebly. En aan die einde van sewe dae het die woord van die HERE tot my gekom en gesê