ESEGIËL 12:14
ESEGIËL 12:14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ek sal almal wat hom help, sy diensknegte en wagte, in alle rigtings verstrooi, en hulle met die swaard doodmaak.
ESEGIËL 12:14 Bybel vir almal (ABA)
En ek sal almal wat by die koning is en wat hom help, na al die kante toe jaag, en ook al sy soldate. Ek sal hulle self jaag met my swaard.
ESEGIËL 12:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En almal wat rondom hom is, sy hulp, en al sy leërs sal Ek na al die windstreke verstrooi en die swaard agter hulle uittrek.
ESEGIËL 12:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal by hom wat hom help, al sy soldate wat hom help, sal Ek in al die windrigtings verstrooi en hulle met die swaard agtervolg.
ESEGIËL 12:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Almal om hom, sy helpers en al sy troepe, sal Ek in al die windrigtings uitstrooi. Met ontblote swaard sal Ek hulle agtervolg.