ESEGIËL 11:24
ESEGIËL 11:24 Bybel vir almal (ABA)
Die Gees het my opgetel en Hy het my gebring na die land van die Galdeërs, na die Judeërs toe in Babel. Dit was alles dinge wat die Gees van God vir my gewys het. Hy het die dinge klaar vir my gewys.
ESEGIËL 11:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarna het die Gees my opgeneem en my, in 'n gesig deur die Gees van God, gebring na Chaldéa, na die ballinge; en die gesig wat ek gesien het, het van my af opgetrek.
ESEGIËL 11:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die Gees my opgetel en my teruggebring na die land van die Galdeërs toe, na die ballinge toe. Dit het gebeur in die gesig wat ek deur die Gees van God gesien het. Die gesig was toe verby.
ESEGIËL 11:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het 'n gees my opgelig en, in 'n visioen gestuur deur die Gees van God, my na Galdeë geneem, na die ballinge. Die visioen wat ek gesien het, het toe van my af opgegaan
ESEGIËL 11:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarna het die Gees my opgeneem en my in 'n gesig deur die Gees van God na Chaldéa gebring, na die gevangenes. So het die gesig wat ek gesien het, van my af opgegaan.
ESEGIËL 11:24 Die Boodskap (DB)
Nadat ek al hierdie dinge gesien het, het die Gees van die Here my opgetel en teruggebring na die vreemde land waar ons gevangenes was, daar na Babilonië toe. Ek het daar saam met my volksgenote as gevangene gebly. En so het alles wat ek oor Jerusalem gesien het, geëindig.