ESEGIËL 1:25
ESEGIËL 1:25 Bybel vir almal (ABA)
Iemand het gepraat bokant die hemeldak, bokant die diere se koppe. Wanneer die diere gaan staan het, dan het hulle hulle vlerke laat sak.
ESEGIËL 1:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar het 'n stem gekom bo van die uitspansel af wat oor hulle hoof was; as hulle staan, het hulle hul vlerke laat sak.
ESEGIËL 1:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar het 'n stem gekom van bokant die gewelf bo die wesens se koppe af. Hulle het hulle vlerke laat sak wanneer hulle tot stilstand kom.
ESEGIËL 1:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar was 'n geluid bokant die koepel wat oor die koppe van die wesens uitgestrek het. Wanneer die wesens gaan staan het, het hulle hulle vlerke laat sak.
ESEGIËL 1:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar was 'n stem van die uitspansel wat oor hulle hoofde was, toe hulle staan en hulle vlerke laat sak het.