EKSODUS 6:6-8
EKSODUS 6:6-8 Bybel vir almal (ABA)
Ek sal julle vir My neem. Julle sal my volk wees, en Ek sal vir julle 'n God wees. Dan sal julle weet dat Ek, die Here, julle God is wat julle vrygemaak het van die swaar werk in Egipte. Ek het vir Abraham, Isak en Jakob belowe dat Ek vir hulle 'n land sal gee. Ek sal julle na daardie land neem en Ek sal dit vir julle gee. Dit sal julle land wees. Ek is die Here.’ ” Moses het dit alles vir die Israeliete gaan sê, maar hulle het nie na Moses geluister nie, want hulle was moedeloos oor die swaar werk wat hulle moes doen.
EKSODUS 6:6-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit. En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE. Moses het toe so met die kinders van Israel gespreek, maar hulle het nie na Moses geluister nie, uit ongeduldigheid en weens die harde diens.
EKSODUS 6:6-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek neem julle aan as my volk en Ek sal julle God wees. Dan sal julle besef dat Ek, die Here, julle God is wat julle van die dwangarbeid van Egipte bevry. Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.” Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.
EKSODUS 6:6-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek gaan julle as volk vir My neem en Ek sal vir julle 'n God wees. Dan sal julle besef dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei, weg van die dwangarbeid van Egipte. Ek sal julle bring na die land, waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob te gee, en Ek sal dit aan julle as eiendom gee. Ek is die HERE.’ ” Moses het dit toe net so vir die Israeliete gaan sê, maar hulle het nie na Moses geluister nie, omdat hulle neerslagtig was en hard moes werk.
EKSODUS 6:6-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, sê vir die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die laste van die Egiptenaars uit lei, en Ek sal julle uit hulle slawerny verlos, en Ek sal julle verlos met 'n uitgestrekte arm en met groot oordele: En Ek sal julle na My toe neem as 'n volk, en Ek sal vir julle 'n God wees; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is wat julle onder die laste van die Egiptenaars uitlei. En Ek sal julle inbring in die land oor wat Ek gesweer het om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan jou as 'n erfdeel gee: Ek is die HERE.
EKSODUS 6:6-8 Die Boodskap (DB)
Ek maak julle my eie volk. Ek is julle God. Julle sal weet en erken dat Ek die Here julle God is wanneer Ek julle die dag wegvat uit Egipte waar julle vir ander moet werk. Ek sal julle bring by die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dié land julle eie land maak. Ek is die Here.’” Moses het al hierdie dinge net so vir die Israeliete gaan vertel. Hulle was egter te moeg en moedeloos van al die harde werk om nog na hom te luister.
EKSODUS 6:6-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Daarom moet jy vir die Israeliete gaan sê: ‘Ek is die HERE. Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte. Ek sal julle bevry met krag en met sterk vergeldingsdade. Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die HERE julle God, is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het. Ek sal julle laat kom in die land wat Ek onder eed vir Abraham, Isak en Jakob belowe het. Dit sal julle eie land wees. Ek is die HERE.’”