EKSODUS 6:24
EKSODUS 6:24 Bybel vir almal (ABA)
Aäron se seun Eleasar het getrou met 'n dogter van Putiël, en hulle het 'n seun gehad. Sy naam was Pinehas. Dit was die familiehoofde van die Leviete.
EKSODUS 6:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Eleásar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Pínehas gebaar. Dit is die familiehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.
EKSODUS 6:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aäron se seun Eleasar het met een van die dogters van Putiël getrou, en hulle seun was Pinehas. Dit was dan die familiehoofde van die stam Levi en hulle nageslagte.
EKSODUS 6:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Eleasar, die seun van Aäron, het een van die dogters van Putiël vir hom as vrou geneem, en sy het aan Pinehas geboorte gegee. Dit was die familiehoofde van Levi volgens hulle familiegroepe.
EKSODUS 6:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die seuns van Korag; Assir en Elkana en Abiasaf: dit is die geslagte van die Korgiete.