EKSODUS 6:15-19
EKSODUS 6:15-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volgende was die name van die nageslag van Levi volgens hulle familieregister: Gerson en Kehat en Merari. Levi het honderd sewe-en-dertig jaar lank geleef. Die seuns van Gerson was Libni en Simi, volgens hulle familiegroepe. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie-en-dertig jaar lank geleef. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was die familiegroepe van Levi, volgens hulle familieregister. Amram het Jogebed, sy vader se suster, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses in die wêreld gebring. Amram het honderd sewe-en-dertig jaar lank geleef.
EKSODUS 6:15-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Simeon se seuns was Jemuel, Jamin, Ohad, Jakin, Sogar en Saul (hy het ’n Kanaänitiese ma gehad). Hulle was die leiers van Simeon se nageslag. Onder Levi se nakomelinge, in die volgorde van hulle familiegroepe, was Gerson, Kehat en Merari. (Hulle pa, Levi, het 137 jaar oud geword.) Gerson se seuns was Libni en Simi. Elkeen was die hoof van ’n stam. Onder Kehat se nageslag was daar: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. (Kehat het 133 jaar oud geword.) Merari se seuns was Magli en Musi. Al hierdie mense, wat volgens hulle afstamming opgenoem is, het aan Levi se stam behoort.
EKSODUS 6:15-19 Bybel vir almal (ABA)
Die name van Levi se seuns was Gerson, Kehat en Merari. Levi het 137 jaar oud geword. Gerson se seuns was Libni en Simi. Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het 133 jaar oud geword. Merari se seuns was Magli en Musi. Dit was Levi se nageslag. Amram het getrou met Jogebed, sy tante, en hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.
EKSODUS 6:15-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd-sewen-en-dertig jaar. Die seuns van Gerson: Libni en Símeï volgens hulle geslagte. En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar. En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming. En Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.
EKSODUS 6:15-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nou volg die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagsregisters: Gerson, Kehat en Merari. Levi het honderd sewe en dertig jaar oud geword. Die seuns van Gerson was Libni en Simi. Hulle het nageslagte gehad. Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was dan volgens die geslagsregisters die familiehoofde van die stam Levi. Amram het met Jogebed, 'n tante van hom, getrou, en hulle seuns was Aäron en Moses. Amram het honderd sewe en dertig jaar oud geword.
EKSODUS 6:15-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die seuns van Símeon; Jemuel en Jamin en Ohad en Jagin en Sohar en Saul, die seun van 'n Kanaänitiese vrou: dit is die geslagte van Símeon. En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle geslagte; Gerson en Kehat en Merári; en die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar. Die seuns van Gerson; Libni en Simi volgens hulle geslagte. En die seuns van Kehat; Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar. En die seuns van Merári; Mahali en Musi: dit is die geslagte van Levi volgens hulle geslagte.
EKSODUS 6:15-19 Die Boodskap (DB)
Levi se seuns, van die oudste tot die jongste, was Gerson en Kehat en Merari. Levi self het 137 jaar oud geword. Gerson se seuns was Libni en Simi. Hulle afstammelinge het uit twee familiegroepe bestaan. Kehat se seuns was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël. Kehat self het 133 jaar oud geword. Merari se seuns was Magli en Musi. Al die afstammelinge van Levi het aan hierdie familiegroepe behoort. Amram het met Jogebed getrou. Sy was sy pa se suster, dit wil sê sy tannie. Hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.