EKSODUS 5:22-23
EKSODUS 5:22-23 Die Boodskap (DB)
Moses het toe na die Here teruggegaan en by Hom gekla: “Ag, Here, hoekom maak U nou so lelik met die volk? Hoekom het U my na die farao toe gestuur? Van die oomblik af dat ek vir hom gaan sê het wat U wil hê hy moet doen, het hy ons volk net al slegter behandel. U het nog niks gedoen om u volk te red nie.”
EKSODUS 5:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Moses het na die Here toe gegaan en gesê: “Here, hoekom laat U dit so sleg gaan met hierdie volk? Hoekom het U my gestuur? Vandat ek by die farao gekom het om vir hom te sê wat U sê, gaan dit slegter met hierdie volk, maar U help hulle nie.”
EKSODUS 5:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
TOE gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur? Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie.
EKSODUS 5:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het Moses weer na die Here gegaan en gesê: “Here, waarom werk U so sleg met hierdie volk? Waarom het U my nou eintlik gestuur? Van die eerste oomblik af dat ek by die farao gekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk mishandel. Tog het U niks gedoen om u volk te red nie!”
EKSODUS 5:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het toe weer na die HERE gegaan en gesê: “My Heer, waarom behandel U hierdie volk sleg? Waarom het U juis vir my gestuur? Vandat ek by die farao aangekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk sleg behandel, en U het glad nie u volk gered nie.”
EKSODUS 5:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Moses na die HERE teruggekeer en gesê: HERE, waarom het U hierdie volk so sleg gesmeek? waarom het U my gestuur? Want vandat ek by Farao gekom het om in U Naam te spreek, het hy hierdie volk kwaad aangedoen; en jy het jou volk glad nie gered nie.
EKSODUS 5:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het na die HERE toe teruggegaan en by Hom gekla: “Here, hoekom maak U so lelik met u eie mense? Waarom het U my dan gestuur? Vandat ek by die farao gekom het om vir hom te sê wat U van hom eis, het hy hierdie volk net al slegter behandel. U het nog nie ’n ding gedoen om u volk te red nie!”