EKSODUS 40:4-5
EKSODUS 40:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Dan moet jy die tafel inbring en sy toebehore daarop regsit. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek. Die goue wierookaltaar moet jy neersit voor die ark met die getuienis en dan die voorhangsel in die deur van die tabernakel hang.
EKSODUS 40:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Jy moet die tafel bring en alles regsit wat daarby moet wees. Jy moet ook die lampstaander bring en die lampe aansteek. Jy moet die goue wierook-altaar voor die kis sit waarin die tien gebooie is en jy moet die gordyn ophang in die ingang van die tempel-tent.
EKSODUS 40:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek. En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit. Dan moet jy die bedekking van die ingang van die tabernakel ophang.
EKSODUS 40:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dan moet jy die tafel inbring en dit wat daarop hoort, daarop rangskik. Jy moet die menora inbring en sy lampe aansteek. Jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark met die Getuienis neersit en dan die gordyn plaas by die ingang van die tabernakel.
EKSODUS 40:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet die tafel inbring en die dinge wat daarop gerangskik moet word, orden; en jy moet die kandelaar inbring en sy lampe aansteek. En jy moet die goue altaar vir die reukwerk voor die ark van die Getuienis neersit en die behangsel van die deur van die tabernakel aanbring.
EKSODUS 40:4-5 Die Boodskap (DB)
Gaan sit ook die tafel op sy plek en rangskik alles wat daarby behoort, rondom hom. Sit ook die ligstaander op sy plek en hang sy lampies op hulle plek aan die staander. Gaan sit die goue altaartjie op sy plek reg voor die gordyn wat voor die ark hang. Hang ook die gordyn by die ingang van die tent op sy plek.
EKSODUS 40:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bring die tafel in en sit die toebehore by die tafel neer. Bring die kandelaar in en steek sy lampies aan. “Die altaar vir die wierook moet jy neersit net buite die gordyn, reg teenoor die ark met die getuienis. Hang die afskorting voor die ingang van die tabernakel.