EKSODUS 34:34-35
EKSODUS 34:34-35 Bybel vir almal (ABA)
Maar elke maal wanneer Moses na die tent gegaan het om met die Here te praat, dan het hy die sluier afgehaal, totdat hy weer uitgekom het. Dan het hy vir die Israeliete vertel wat die Here vir hom gesê het. Die Israeliete het dan gesien dat Moses se gesig blink, en Moses het sy gesig met die sluier toegemaak totdat hy weer met die Here gaan praat.
EKSODUS 34:34-35 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is, sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop trek Moses dan weer die sluier oor sy gesig, totdat hy ingaan om met Hom te spreek.
EKSODUS 34:34-35 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer Moses na die Here toe gaan om met Hom te praat, verwyder hy die doek tot na sy terugkoms. Wanneer hy van die Here af terugkom, sê hy vir die Israeliete wat die Here hom beveel het. Wanneer die Israeliete sy gesig sien blink, trek Moses die doek oor sy gesig totdat hy weer met die Here gaan praat.
EKSODUS 34:34-35 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wanneer Moses in die HERE se teenwoordigheid kom om met Hom te praat, verwyder hy die sluier totdat hy weer uitkom. As hy dan uitkom en vir die Israeliete sê watter opdragte hy ontvang het, en die Israeliete Moses se gesig sien, dat die vel van sy gesig stralend is, trek hy weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met die HERE te praat.
EKSODUS 34:34-35 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe Moses voor die aangesig van die HERE ingegaan het om met hom te spreek, het hy die sluier afgehaal totdat hy uitgekom het. En hy het uitgegaan en aan die kinders van Israel gespreek wat hom beveel is. Toe die kinders van Israel die aangesig van Moses sien, dat die vel van Moses se gesig blink; en Moses het weer die sluier oor sy gesig gesit totdat hy ingegaan het om met hom te praat.
EKSODUS 34:34-35 Die Boodskap (DB)
Wanneer Moses met die Here in die tent gaan praat het, het hy die doek afgehaal totdat hy weer terugkom. As hy weer by hulle terugkom, kon die Israeliete aan sy gesig wat so blink sien dat Moses met die Here gepraat het. Hy sê dan vir hulle alles wat die Here vir hom gesê het. Dan sit hy weer die doek terug oor sy gesig totdat hy weer ’n volgende keer met die Here gaan praat.
EKSODUS 34:34-35 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Elke keer wanneer Moses met die HERE in die tent gaan praat het, het hy die doek afgehaal tot hy weer teruggekom het. Dan het hy alles aan die Israeliete gerapporteer wat die HERE vir hom gesê het. Die Israeliete het sy gesig sien blink. Hy het daarom weer die doek oor sy kop gegooi totdat hy weer met die HERE gaan praat het.