EKSODUS 34:34
EKSODUS 34:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wanneer Moses in die HERE se teenwoordigheid kom om met Hom te praat, verwyder hy die sluier totdat hy weer uitkom. As hy dan uitkom en vir die Israeliete sê watter opdragte hy ontvang het
EKSODUS 34:34 Bybel vir almal (ABA)
Maar elke maal wanneer Moses na die tent gegaan het om met die Here te praat, dan het hy die sluier afgehaal, totdat hy weer uitgekom het. Dan het hy vir die Israeliete vertel wat die Here vir hom gesê het.
EKSODUS 34:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is
EKSODUS 34:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Wanneer Moses na die Here toe gaan om met Hom te praat, verwyder hy die doek tot na sy terugkoms. Wanneer hy van die Here af terugkom, sê hy vir die Israeliete wat die Here hom beveel het.
EKSODUS 34:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar wanneer Moses in die HERE se teenwoordigheid kom om met Hom te praat, verwyder hy die sluier totdat hy weer uitkom. As hy dan uitkom en vir die Israeliete sê watter opdragte hy ontvang het
EKSODUS 34:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe Moses voor die aangesig van die HERE ingegaan het om met hom te spreek, het hy die sluier afgehaal totdat hy uitgekom het. En hy het uitgegaan en aan die kinders van Israel gespreek wat hom beveel is.
EKSODUS 34:34-35 Die Boodskap (DB)
Wanneer Moses met die Here in die tent gaan praat het, het hy die doek afgehaal totdat hy weer terugkom. As hy weer by hulle terugkom, kon die Israeliete aan sy gesig wat so blink sien dat Moses met die Here gepraat het. Hy sê dan vir hulle alles wat die Here vir hom gesê het. Dan sit hy weer die doek terug oor sy gesig totdat hy weer ’n volgende keer met die Here gaan praat.