EKSODUS 34:23-24
EKSODUS 34:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Al die mans moet elke jaar drie maal na My toe kom om My te aanbid. Ek is die Here, die God van die Israeliete. “Ek sal die ander volke voor julle wegjaag en Ek sal vir julle baie grond gee waar julle kan woon. Niemand sal probeer om julle grond te vat wanneer julle elke jaar drie maal gaan om julle God die Here te aanbid nie.
EKSODUS 34:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn. Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.
EKSODUS 34:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Drie keer per jaar moet alle mans voor My, die Here, verskyn, voor My, die Here die God van Israel. “Ek sal nasies voor jou uit verdryf en vir jou 'n land gee. Drie keer per jaar moet jy voor My, die Here jou God, verskyn. Dan sal Ek sorg dat niemand jou land begeer nie.
EKSODUS 34:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Drie keer per jaar moet al die manlike persone wat by jou is voor die Heer, die HERE, die God van Israel, verskyn. Omdat Ek nasies voor jou uit sal verdryf en jou grondgebied sal vergroot, sal niemand jou land begeer wanneer jy drie keer per jaar opgaan om voor die HERE jou God te verskyn nie.
EKSODUS 34:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Drie maal in die jaar sal al jou seuns voor die HERE HERE, die God van Israel, verskyn. Want Ek sal die nasies voor jou uit verdrywe en jou grondgebied uitbrei; en niemand sal jou land begeer as jy optrek om drie maal in die jaar voor die aangesig van die HERE jou God te verskyn nie.
EKSODUS 34:23-24 Die Boodskap (DB)
By al drie hierdie feeste moet al jou mansmense die Here, die God van Israel, by sy woonplek kom aanbid. Niemand sal julle grond probeer afneem wanneer julle vir hierdie drie feeste weg is van die huis om tot die Here te gaan bid nie. Ek sal die nasies voor jou uit wegjaag. Ek sal die grond wat aan jou behoort, al meer maak.
EKSODUS 34:23-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Drie keer elke jaar moet al die mans voor die oppermagtige HERE, die God van Israel, kom aanbid. Niemand sal julle aanval of julle land probeer afneem terwyl julle van die huis af weg is om die HERE te gaan aanbid nie. Ek sal die nasies voor jou uit verdryf. Ek sal jou grond al meer maak.