EKSODUS 33:1-3
EKSODUS 33:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Gaan nou hier weg, jy en die volk wat jy uit Egipte gebring het. Gaan na die land wat Ek vir Abraham, vir Isak en vir Jakob belowe het toe Ek gesê het: ‘Ek sal dit vir julle nageslag gee.’ “Ek sal 'n engel voor julle stuur en Ek sal die Kanaäniete, die Amoriete, die Hetiete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete wegjaag uit die land. Julle moet gaan na daardie land waar daar baie melk en heuning is. Maar Ek sal nie saam met julle gaan nie, want julle is hardkoppig. Miskien sal Ek julle dan doodmaak voordat julle daar kom.”
EKSODUS 33:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; en Ek sal 'n engel voor jou uit stuur — en die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdrywe — na 'n land wat oorloop van melk en heuning; want Ek sal in jou midde nie optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is; anders sal jy op die weg verteer word.
EKSODUS 33:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe het die Here vir Moses gesê: “Trek nou hiervandaan af weg, jy en die volk wat jy uit Egipte laat wegtrek het. Trek na die land toe wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob toe Ek gesê het: ‘Ek sal dit aan julle nageslag gee.’ Ek sal my engel voor jou uit stuur en Ek sal die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdryf. Julle is so 'n moedswillige volk dat Ek nie sal saamtrek na hierdie land wat oorloop van melk en heuning nie, want dan verdelg Ek julle op pad daarheen.”
EKSODUS 33:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Gaan, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed beloof het aan Abraham, Isak en Jakob, deur te sê, ‘Aan jou nageslag sal Ek dit gee.’ Ek sal 'n engel voor jou uit stuur, en Ek sal die Kanaäniete, die •Amoriete, die Hetiete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete verdryf. Trek op, Israel, na 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek sal egter nie in jou midde optrek nie, omdat jy 'n hardnekkige volk is, anders vernietig Ek jou op pad.”
EKSODUS 33:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Gaan weg en trek daarvandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het deur te sê: Aan jou saad sal Ek dit gee: En Ek sal 'n engel voor jou uit stuur; en Ek sal die Kanaäniete, die Amoriete en Hetiete en Feresiete, Hewiete en Jebusiete verdryf. Na 'n land wat oorloop van melk en heuning, want Ek sal nie in jou midde optrek nie; want jy is 'n hardnekkige volk, dat Ek jou nie op die pad verteer nie.
EKSODUS 33:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Moses gesê: “Jy en jou volk wat jy uit Egipte gelei het, moet nou maar verder trek na die land wat Ek vir Abraham, Isak en Jakob beloof het. Ek het hulle immers belowe dat Ek die land vir hulle nakomelinge sal gee. Ek sal my hemelse boodskapper stuur om jou na dié vrugbare land te lei. Hy sal die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete wat daar bly, uit die land verdryf. Ek self sal nie saam met julle soontoe gaan nie. Hierdie volk volg hulle eie kop. As Ek saam met julle moet gaan, gaan Ek julle net langs die pad vermoor.”
EKSODUS 33:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het vir Moses gesê: “Jy en die volk wat jy uit Egipte gelei het, moet nou maar van hier af verder trek. Gaan na die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob beloof het. Toe het Ek belowe dat Ek hierdie land vir hulle nageslag sal gee. Ek sal ’n engel voor julle uitstuur. Ek sal die Kanaäniete, Amoriete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete wat daar bly, uit die land verdryf. Dit is ’n baie vrugbare land. “Ek sal egter nie verder saam met julle trek nie. Julle is ’n eiesinnige volk. As Ek saamgaan, sal Ek julle dalk vernietig.”