EKSODUS 3:8
EKSODUS 3:8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom het Ek afgekom om hulle van die Egiptenaars te bevry en hulle weg te lei uit Egipte na hulle eie mooi, groot land. Dit is ’n land met oorgenoeg kos. Die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete bly nou daar.
EKSODUS 3:8 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil hulle gaan help teen die Egiptenaars. Ek wil hulle uit hierdie land laat uitgaan na 'n goeie en groot land, 'n land waar daar baie melk en heuning is. Dit is die land waar die Kanaäniete nou woon, en ook die Hetiete, die Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.
EKSODUS 3:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het Ek neergedaal om hulle uit die hand van die Egiptenaars te verlos en hulle te laat optrek uit daardie land na 'n goeie en wye land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, na die woonplek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete.
EKSODUS 3:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom het Ek afgekom om hulle uit die mag van Egipte te bevry en om hulle daarvandaan te laat trek na 'n goeie en uitgestrekte land, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is die land van die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
EKSODUS 3:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek het afgekom om hulle uit die hand van Egipte te red en hulle uit daardie land te laat optrek na 'n goeie en uitgestrekte land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning, die woonplek van die Kanaäniete, die Hetiete, die •Amoriete, die Feresiete, die Hewiete en die Jebusiete.
EKSODUS 3:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek het afgekom om hulle uit die hand van die Egiptenaars te red en hulle uit daardie land op te lei na 'n goeie en 'n groot land, na 'n land wat oorloop van melk en heuning; na die plek van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete
EKSODUS 3:8 Die Boodskap (DB)
Ek het nou gekom om hulle weg te vat uit die hande van die Egiptenaars. Ek gaan hulle uit daardie land laat wegtrek na ’n mooi en ’n groot land waar daar volop kos is. Dit is die plek waar die Kanaäniete, Hetiete, Amoriete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete op die oomblik bly.