EKSODUS 28:1-2
EKSODUS 28:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy moet jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar na jou toe laat kom uit die volk Israel uit en hulle aanstel om My as priesters te dien. “Maak vir jou broer Aäron gewyde klere wat waardig en mooi is.
EKSODUS 28:1-2 Die Boodskap (DB)
“Roep jou broer Aäron en sy vier seuns, Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. Laat hulle na jou toe kom. Sê vir hulle dit is hulle taak om in die tent te werk. Hulle is die Here se priesters. “Laat maak vir Aäron waardige en mooi klere wat hom van die ander kan onderskei.
EKSODUS 28:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir jou broer Aäron en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar hulle moet na jou toe kom. Ek het hulle gekies om priesters vir My te wees. Julle moet vir jou broer Aäron gewyde klere maak. Hierdie klere moet wys dat hy 'n priester is en dit moet mooi wees.
EKSODUS 28:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAN moet jý jou broer Aäron, en sy seuns saam met hom, uit die kinders van Israel, laat nader kom na jou toe, dat hy vir My die priesteramp kan bedien: Aäron, Nadab en Abíhu, Eleásar en Ítamar, die seuns van Aäron. En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak, tot eer en tot sieraad.
EKSODUS 28:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ Jy self moet dan jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die geledere van die Israeliete na jou laat nader kom, sodat hy as priester vir My kan optree. Dit is Aäron, en ook Nadab en Abihu, Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron. Jy moet heilige klere vir jou broer Aäron maak, ter wille van waardigheid en as versiering.
EKSODUS 28:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En neem jou broer Aäron en sy seuns saam met hom uit die kinders van Israel na jou toe, dat hy vir my die priesteramp kan bedien, naamlik Aäron, Nadab en Abíhu, Eleasar en Itamar, die seuns van Aäron. En jy moet vir jou broer Aäron heilige klere maak tot heerlikheid en tot sieraad.
EKSODUS 28:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Laat jou broer, Aäron, en sy seuns Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar naderkom. Hulle is anders as die res van die volk. Hulle is my priesters. Hulle sal vir My by die tent werk. Maak vir Aäron klere wat hom van die ander kan onderskei. Dit moet pas by sy werk.