EKSODUS 23:31
EKSODUS 23:31 Bybel vir almal (ABA)
Julle mag woon van die Riet-see tot by die Filistynse See, en van die woestyn tot by die Eufraat-rivier. Ek sal julle help om die mense te oorwin wat in die land woon. Ek sal hulle wegjaag voor julle.
EKSODUS 23:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Ek sal jou grense vasstel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne, en van die woestyn af tot by die Eufraat. Want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdrywe.
EKSODUS 23:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal jou grens vasstel van die Rietsee af tot by die Filistynse See en van die woestyn af tot by die Eufraatrivier. Ek sal die inwoners van hierdie land in jou mag gee, en jy moet hulle uitdryf.
EKSODUS 23:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal jou grense vasstel vanaf die Rietsee tot by die See van die Filistyne, en vanaf die woestyn tot by die Rivier, want Ek sal die inwoners van die land in julle hand gee, en jy sal hulle voor jou uit verdryf.
EKSODUS 23:31 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Ek sal jou grense stel van die Skelfsee af tot by die See van die Filistyne en van die woestyn tot by die Nyl; want Ek sal die inwoners van die land in jou hand gee; en jy moet hulle voor jou uit verdryf.