EKSODUS 22:21-24
EKSODUS 22:21-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Moenie iemand wat van ’n ander land kom, verontreg nie. Julle mag hulle nie laat swaarkry nie, want julle was self vreemdelinge in Egipte. “Julle mag nie weduwees en weeskinders uitbuit nie. As julle hulle onregverdig behandel en hulle kom kla by My, sal Ek hulle kant vat. My woede sal teen julle losbreek en Ek sal julle in die oorlog laat omkom. Julle vroue sal dan ook weduwees word en julle kinders sonder ouers.
EKSODUS 22:21-24 Bybel vir almal (ABA)
“Julle mag nie slegte dinge doen aan 'n vreemdeling nie. Julle mag hom nie laat swaarkry nie. Julle moet onthou julle was ook vreemdelinge in Egipte. Julle mag nie slegte dinge doen aan 'n weduwee of weeskind nie. As julle dit doen, en hulle vra My om hulle te help, dan sal Ek na hulle luister. Ek sal baie kwaad word en Ek sal julle doodmaak. Dan sal júlle vroue weduwees word en júlle kinders sal weeskinders word.”
EKSODUS 22:21-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy mag ook die vreemdeling nie kwel of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie. As jy hulle op enige manier verdruk, waarlik, dan sal Ek, as hulle na My roep, hulle geroep sekerlik hoor, en my toorn sal ontvlam, en Ek sal julle met die swaard ombring, sodat julle vroue weduwees en julle kinders wese word.
EKSODUS 22:21-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie 'n vreemdeling verdruk of laat swaarkry nie, want jy was self 'n vreemdeling in Egipte. “Jy mag geen weduwee of weeskind veronreg nie. As jy tog so iemand veronreg, en hy na My roep, sal Ek na sy hulpgeroep luister. Dan sal my toorn ontvlam, en Ek sal jou om die lewe bring, sodat jou vrou 'n weduwee word en jou kinders weeskinders.
EKSODUS 22:21-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n •Vreemdeling mag jy nie mishandel of verdruk nie, omdat julle vreemdelinge in Egipteland was. Geen weduwee of vaderlose kind mag jy onderdruk nie. As jy hulle op enige manier onderdruk, sal Ek beslis hulle noodroep hoor wanneer hulle dringend na My om hulp roep. My toorn sal ontbrand en Ek sal julle met die swaard ombring. Dan sal julle vroue weduwees word en julle kinders vaderloos.
EKSODUS 22:21-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag 'n vreemdeling nie kwaad maak of hom verdruk nie, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Julle mag geen weduwee of wees verdruk nie. As jy hulle op enige manier verdruk, en hulle roep enigsins tot My, Ek sal sekerlik hulle geroep hoor; En my toorn sal ontvlam, en Ek sal jou met die swaard doodmaak; en julle vroue sal weduwees en julle kinders wees wees.
EKSODUS 22:21-24 Die Boodskap (DB)
“Jy moenie iemand wat van ’n ander land af kom, sleg behandel nie. Jy was mos self ’n mens uit ’n ander land toe julle in Egipte was. Jy moenie weduwees en weeskinders uitbuit omdat hulle nie ’n man het wat vir hulle sorg nie. As jy dit doen en hulle kom kla by My en vra My om hulle te help, sal Ek hulle kant kies. Ek sal met woede teen jou losbrand en Ek sal jou in die oorlog laat doodgaan. Jou eie vrou sal dan ’n weduwee word en jou eie seuns ook weeskinders sonder iemand om vir hulle te sorg.