EKSODUS 20:5
EKSODUS 20:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy mag nie voor hulle in aanbidding buig nie, en jy mag hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n besitlike God, wat kinders laat boet vir die sondeskuld van ouers, selfs die derde en vierde geslag van hulle wat My verwerp
EKSODUS 20:4-5 Bybel vir almal (ABA)
“Jy mag nie vir jou 'n beeld maak en voor hom buig en hom dien nie, nie 'n beeld wat lyk soos iets bo in die hemel of soos iets onder op die aarde of soos iets in die water onder die aarde nie. Ek is jou God die Here, jy moet net vir My dien. Ek straf die kinders as die pa sonde gedoen het. Ek straf ook sy kleinkinders en agterkleinkinders as hy My haat en ongehoorsaam is aan My.
EKSODUS 20:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat
EKSODUS 20:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat
EKSODUS 20:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy mag nie voor hulle in aanbidding buig nie, en jy mag hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n besitlike God, wat kinders laat boet vir die sondeskuld van ouers, selfs die derde en vierde geslag van hulle wat My verwerp
EKSODUS 20:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie, want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat
EKSODUS 20:4-5 Die Boodskap (DB)
Jy mag nie vir jou ’n beeld maak of iets in die skepping probeer naboots om dit te aanbid of daarvoor te offer nie. Jy mag nie beelde maak wat lyk soos enigiets wat in die lug daar bo is of soos iets hier op die aarde waarop jy bly of soos iets in die plekke in die water onder die aarde, om dit te vereer soos God nie. Ek verdra dit nie dat jy in ander gode glo nie. Ek reken met almal af wat die rug vir My draai, selfs met hulle kleinkinders en agterkleinkinders.
EKSODUS 20:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy mag nie voor hulle kniel om hulle te aanbid nie. Ek, die HERE jou God, is jou enigste God. Ek laat die oortredings van dié wat My haat nie ongestraf verbygaan nie. Ek straf die derde en die vierde geslag daarna vir die sondes wat hulle ouers gedoen het.