EKSODUS 14:21-22
EKSODUS 14:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het sy hand oor die see uitgestrek, en die HERE het met 'n sterk oostewind, wat die hele nag lank gewaai het, die see laat terugtrek. Hy het die see droë grond gemaak; die water is oopgekloof. Die Israeliete het op droë grond in die middel van die see ingegaan, terwyl die water vir hulle 'n muur aan hulle linker- en regterkant was.
EKSODUS 14:21-22 Die Boodskap (DB)
Moses het sy hand oor die see uitgesteek. Die Here het dwarsdeur die nag ’n sterk oostewind oor die see laat waai. Die see het weggetrek en die wind het ’n pad van droë grond deur die see drooggewaai. Die Israeliete het op grond wat droog was, deur die see getrek. Die water was soos twee mure aan weerskante van hulle.
EKSODUS 14:21-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moses het toe sy hand oor die see uitgesteek. Die HERE het die water teruggedryf met ’n sterk oostewind wat deur die nag gewaai het. Die water het oopgekloof en die seebodem het droog geword. Die Israeliete het op droë grond deur die see getrek met die water soos mure aan weerskante van hulle.
EKSODUS 14:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Moses het sy hand oor die see gehou, en die Here het 'n sterk oostewind gestuur. Die wind het die hele nag gewaai en die water weggestoot. Daar was 'n pad deur die see. Die Israeliete het op die grond deur die see gegaan. Die water was vir hulle soos 'n muur langs hulle regter-kant en langs hulle linker-kant.
EKSODUS 14:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur 'n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof. En die kinders van Israel het midde-in die see getrek op droë grond. En die waters was vir hulle 'n muur aan hul regter- en aan hul linkerkant.
EKSODUS 14:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die Here het daardie hele nag die water met 'n sterk oostewind weggedryf, sodat die water oopgekloof en die see daar drooggelê is. Die Israeliete het op droë grond deur die see gegaan, en die water het weerskante van hulle soos 'n muur gestaan.
EKSODUS 14:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het sy hand oor die see uitgesteek; en die HERE het die see daardie hele nag deur 'n sterk oostewind laat terugtrek en die see droog gemaak, sodat die waters verdeel is. En die kinders van Israel het op droë grond in die middel van die see gegaan, en die waters was vir hulle 'n muur aan hulle regter- en aan hulle linkerkant.