EKSODUS 14:14-15
EKSODUS 14:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sal self oorlog maak en Hy sal vir julle veg teen die Egiptenaars. Julle moet stil wees.” Die Here het vir Moses gesê: “Hoekom bid jy tot My en vra dat Ek julle moet help? Sê vir die Israeliete hulle moet aanhou loop.
EKSODUS 14:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE sal vir julle stry, en julle moet stil wees. Toe vra die HERE vir Moses: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.
EKSODUS 14:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” Toe het die Here vir Moses gesê: “Waarom roep julle so benoud na My? Sê vir die Israeliete hulle moet verder trek.
EKSODUS 14:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE self sal vir julle veg. Julle moet net stil bly.” Die HERE het vir Moses gesê: “Wat roep jy na My? Praat met die Israeliete, sodat hulle verder trek.
EKSODUS 14:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die HERE sal vir julle veg, en julle moet swyg. Toe sê die HERE vir Moses: Waarom roep jy na My? spreek met die kinders van Israel dat hulle vorentoe moet trek.
EKSODUS 14:14-15 Die Boodskap (DB)
Wees julle maar net kalm. Die Here sal in julle plek veg.” Die Here vra toe vir Moses: “Vir wat staan julle so en roep na My om julle te help? Sê vir die Israeliete hulle moet begin beweeg.