EKSODUS 12:5-7
EKSODUS 12:5-7 Bybel vir almal (ABA)
Die skaap of bok moet gesond wees. Daar moet niks verkeerd wees met hom nie, en dit moet 'n ram wees wat een jaar oud is. Julle mag 'n skaap of 'n bok neem. Julle moet hom oppas tot die 14de dag van die maand en dan moet julle hom slag wanneer dit aand word. Al die Israeliete moet dit doen. Julle moet die bloed van hierdie dier neem en julle moet dit aan die deur se raam smeer. Julle moet dit doen in elke huis waar julle die lam eet.
EKSODUS 12:5-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle moet 'n lam hê sonder gebrek, 'n jaaroud rammetjie. Van die skape of van die bokke kan julle dit neem. En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel, aan die huise waarin hulle dit eet.
EKSODUS 12:5-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dit moet 'n jaaroud rammetjie wees, sonder liggaamsgebrek, 'n skaap of 'n bok. Julle moet hom goed oppas tot die veertiende van hierdie maand, en dan moet die hele gemeente van Israel teen laat middag slag. Julle moet van die bloed smeer aan die sykante en die bokant van die deurkosyn van elke huis waar julle die lam gaan eet.
EKSODUS 12:5-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Jaaroud ramlam sonder gebrek moet julle kies; uit die skape of die bokke kan julle dit neem. Julle moet die lammers veilig hou tot die veertiende dag van hierdie maand. Die hele byeenkoms van die volksvergadering van Israel moet dan laatmiddag hulle lammers slag. “ ‘ Hulle moet van die bloed neem en dit smeer aan die sykante en bokant van die deurkosyne by die huise waarin hulle dit eet.
EKSODUS 12:5-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle lam moet sonder gebrek wees, 'n jaaroud mannetjie; julle moet dit van die skape of van die bokke uithaal. En julle moet dit in stand hou tot op die veertiende dag van dieselfde maand, en die hele vergadering van die vergadering van Israel moet dit in die aand doodmaak. En hulle moet van die bloed neem en dit slaan aan die twee syposte en aan die boonste deurposte van die huise waarin hulle dit moet eet.
EKSODUS 12:5-7 Die Boodskap (DB)
Dit moet ’n jaaroud rammetjie wees wat uit die skape of die bokke kom. Daar mag niks fout wees met die dier nie. Hulle moet die lam aan die lewe hou tot op die veertiende dag van die maand. “Teen die aand van die veertiende dag moet almal in Israel hulle lamme slag. Hulle moet dan van die bloed van die lam vat en dit aan die kante en boaan die deurkosyn van die huis smeer waar hulle die lam gaan eet.
EKSODUS 12:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit moet ’n rammetjie wees uit die skape of die bokke wat ’n jaar oud is en waarmee daar niks verkeerd is nie. Sorg vir die rammetjie tot op die veertiende van die maand. Elke gesin in Israel moet teen skemertyd sy rammetjie slag. Hulle moet van die rammetjie se bloed vat en daarvan smeer aan die bokant en sykante van die kosyn van die huis se voordeur waarin hulle dit gaan eet.