EKSODUS 10:2
EKSODUS 10:2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jy sal vir jou nageslag kan vertel wat Ek alles met die Egiptenaars gedoen het en wat Ek alles tussen hulle laat gebeur het. Ek doen dit sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.”
EKSODUS 10:2 Bybel vir almal (ABA)
Dan kan julle vir julle kinders en julle kleinkinders vertel hoe Ek die Egiptenaars gestraf het en wat Ek aan hulle gedoen het. Julle sal weet Ek is die Here.”
EKSODUS 10:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
EKSODUS 10:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dan kan jy aan jou kinders en kleinkinders vertel wat Ek aan die Egiptenaars gedoen het en watter wonders Ek onder hulle verrig het om julle te laat besef dat Ek die Here is.”
EKSODUS 10:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en sodat jy ten aanhore van jou kinders en kleinkinders kan vertel hoe Ek die Egiptenare vir die gek gehou het, en van my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, en sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.”
EKSODUS 10:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En dat jy voor die ore van jou seun en van jou seun se seun kan vertel wat Ek in Egipte gedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het; sodat julle kan weet dat Ek die HERE is.