EKSODUS 1:17-19
EKSODUS 1:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat hierdie vroue die HERE gedien het, het hulle nie gedoen wat die koning van Egipte gesê het nie. Hulle het die seuntjies laat bly lewe. Die koning het die vroue toe laat roep en vir hulle gevra: “Hoekom maak julle so? Hoekom laat julle die seuntjies bly lewe?” “Meneer,” het die vroue geantwoord, “die Hebreeuse vroue is baie sterk. Teen die tyd dat die kraamverpleegster by hulle kom, het hulle alreeds geboorte gegee. Hulle is nie so stadig om geboorte te gee soos die vroue van Egipte nie.”
EKSODUS 1:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Die vroedvroue was bang dat God hulle sal straf, en hulle het nie gedoen wat die koning van Egipte vir hulle gesê het nie. Hulle het die seuns laat lewe. Die koning van Egipte roep toe die vroedvroue en vra vir hulle: “Hoekom doen julle nie wat ek gesê het nie? Hoekom maak julle nie die seuns dood nie?” Die vroedvroue het vir die farao gesê: “Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese vroue nie. Die Hebreeuse vroue is sterk. Wanneer die vroedvrou by hulle kom, dan is die kind al klaar gebore.”
EKSODUS 1:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe. Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe? En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk — voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.
EKSODUS 1:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die vroedvroue het God gedien en nie gemaak soos die Egiptiese koning hulle beveel het nie: hulle het die seuntjies laat lewe. Die Egiptiese koning het die vroedvroue ontbied en vir hulle gevra: “Waarom doen julle dit? Waarom laat julle die seuntjies lewe?” Toe antwoord die vroedvroue die farao: “Die Hebreeuse vrouens is nie soos dié van Egipte nie, hulle is sterk van gestel: voordat die vroedvrou by hulle kom, is die kind al gebore.”
EKSODUS 1:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar die vroedvroue het vir God ontsag gehad en hulle het nie gedoen wat die koning van Egipte vir hulle gesê het nie. Hulle het die seuntjies laat leef. Die koning van Egipte het toe die vroedvroue ontbied en vir hulle gesê: “Waarom het julle dit gedoen? Julle laat die seuntjies leef!” “Omdat,” antwoord die vroedvroue toe die farao, “die Hebreeuse vroue nie is soos die Egiptiese vroue nie – hulle is vol lewenskrag. Voordat die vroedvrou by hulle uitkom, het hulle klaar geboorte gegee.”
EKSODUS 1:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte hulle beveel het nie, maar die seuntjies in die lewe gebring. En die koning van Egipte het die vroedvroue laat roep en vir hulle gesê: Waarom het julle hierdie ding gedoen en die seuntjies in die lewe gebring? Toe sê die vroedvroue vir Farao: Omdat die Hebreeuse vroue nie is soos die Egiptiese vroue nie; want hulle is lewendig en word verlos voordat die vroedvroue by hulle inkom.
EKSODUS 1:17-19 Die Boodskap (DB)
Omdat hierdie twee verpleegsters respek vir God gehad het, het hulle nie gedoen wat die farao gesê het nie. Hulle het die seuntjies ook laat bly lewe. Die koning het toe die twee vroue laat kom. Hy vra vir hulle: “Nou hoekom laat julle die seuntjies bly lewe?” Die verpleegsters het die farao geantwoord: “Omdat die Hebreeuse vroue nie so sukkel soos die Egiptiese vroue nie. Teen die tyd dat die verpleegster by hulle kom om hulle te help is die babatjie al klaar gebore en dan kan ons niks daaraan doen nie.”
EKSODUS 1:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Omdat hierdie vroue die HERE gedien het, het hulle nie gedoen wat die koning van Egipte gesê het nie. Hulle het die seuntjies laat bly lewe. Die koning het die vroue toe laat roep en vir hulle gevra: “Hoekom maak julle so? Hoekom laat julle die seuntjies bly lewe?” “Meneer,” het die vroue geantwoord, “die Hebreeuse vroue is baie sterk. Teen die tyd dat die kraamverpleegster by hulle kom, het hulle alreeds geboorte gegee. Hulle is nie so stadig om geboorte te gee soos die vroue van Egipte nie.”