EKSODUS 1:15-16
EKSODUS 1:15-16 Bybel vir almal (ABA)
Die koning van Egipte het ook met die Hebreeuse vroedvroue gepraat. Die een vroedvrou se naam was Sifra, en die ander vroedvrou se naam was Pua. Die koning het vir hulle gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue help wat kinders kry, en julle sien dit is 'n seun, dan moet julle hom doodmaak. Maar wanneer dit 'n dogter is, dan mag sy lewe.”
EKSODUS 1:15-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue — die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua — gespreek en gesê: As julle die Hebreeuse vroue by 'n geboorte help, moet julle na die geboortestoel kyk: as dit 'n seun is, maak hom dood; maar is dit 'n dogter, laat haar lewe.
EKSODUS 1:15-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Egiptiese koning het vir die Hebreeuse vroedvroue Sifra en Pua gesê: “As julle 'n Hebreeuse vrou by geboorte bystaan en julle sien by die kraambed dat dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak, maar as dit 'n dogter is, mag sy bly lewe.”
EKSODUS 1:15-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die koning van Egipte het toe met die Hebreeuse vroedvroue, wie se name Sifra en Pua was, gepraat. Hy het gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue met 'n bevalling help, kyk wat die baba se geslag is. As dit 'n seun is, maak hom dood; maar as dit 'n dogter is, laat haar leef.”
EKSODUS 1:15-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue gespreek, waarvan die naam van die een Sifra was, en die naam van die ander Pua: En hy sê: As julle die amp van vroedvrou aan die Hebreeuse vroue doen en hulle op die stoelgang sien; as dit 'n seun is, moet julle hom doodmaak; maar as dit 'n dogter is, dan sal sy lewe.
EKSODUS 1:15-16 Die Boodskap (DB)
Die koning van Egipte het Sifra en Pua, die Hebreërs se kraamverpleegsters, probeer dwing om iets leliks te doen. Hy wou hê hulle moes daarvoor sorg dat die seuntjies van die Hebreërs se vroue nie bly lewe nie. Wanneer hulle die vroue help om hulle kinders in die wêreld te bring, moes hulle die seuntjies laat doodgaan. As dit dogtertjies was, kon hulle bly lewe.
EKSODUS 1:15-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die verpleegsters wat die Israelitiese vroue gehelp het om geboorte te gee se name was Sifra en Pua. Die koning van Egipte het vir hulle gesê: “Wanneer julle die Hebreeuse vroue help om geboorte te gee, moet julle elke seuntjie wat gebore word net daar doodmaak. As dit ’n dogtertjie is, mag sy maar bly lewe.”