ESTER 4:14-16
ESTER 4:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Want as jy regtig wil stilbly in hierdie tyd, dan sal Iemand anders vir die Judeërs help. Hulle sal vry wegkom, maar jy en jou familie sal sterf. Hoekom dink jy het jy koningin geword? Miskien het dit gebeur sodat jy jou volk kan help in so 'n moeilike tyd.” Ester het toe gesê hulle moet vir Mordegai gaan sê: “Jy moet al die Judeërs in die stad Susan laat bymekaarkom en julle moet vas en dink aan my. Julle moet drie dae lank niks eet of drink nie, elke dag en nag. Ek en my jongmeisies sal ook vas, en daarna sal ek na die koning toe gaan. Dit is teen die wet, ek mag dit nie doen nie, maar as ek moet sterf, dan is dit goed.”
ESTER 4:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as jy nou werklik swyg, sal daar van 'n ander kant af verligting en redding vir die Jode tot stand kom, maar jy en jou familie sal omkom, en wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie tot die koninklike waardigheid geraak het nie? Toe sê Ester dat hulle Mórdegai moes antwoord: Gaan heen, versamel al die Jode wat in Susan te vinde is, en vas julle om my ontwil; en julle moet nie eet en drink nie, drie dae lank, nag en dag; ek ook met my dienaresse sal net so vas; en so sal ek na die koning ingaan, wat nie volgens wet is nie, en as ek omkom, dan kom ek om.
ESTER 4:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
As jy nóú swyg en daar kom van 'n ander kant af uitkoms en redding vir die Jode, sal jy en jou familie omkom. Wie weet, miskien is dit juis met die oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het!” Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode wat in Susan is, bymekaar en vas ter wille van my. Julle moet drie dae, dag en nag, niks eet en drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal ook vas. Daarna sal ek na die koning toe gaan, al is dit teen die wet. As ek moet omkom, moet ek maar omkom.”
ESTER 4:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want as jy wel in hierdie tyd sou swyg, sal daar uitkoms en redding vir die Jode van 'n ander plek af kom; maar jy en jou familie sal omkom. En wie weet of jy nie juis vir 'n tyd soos hierdie koninklike status verkry het nie?” Ester het toe vir Mordegai laat weet: “Gaan versamel al die Jode wat hulle in Susan bevind, en vas ter wille van my. Moet drie dae lank, dag en nag, niks eet of drink nie; ook ek en my diensmeisies sal so vas. Daarna sal ek na die koning gaan, al is dit teen die wet. As ek so moet omkom, kom ek so om.”
ESTER 4:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as jy in hierdie tyd heeltemal swyg, dan sal daar vergroting en verlossing vir die Jode van 'n ander plek af ontstaan; maar jy en jou vader se huis sal vernietig word; en wie weet of jy vir 'n tyd soos hierdie in die koninkryk gekom het? Daarna het Ester hulle vir Mordegai gesê: Gaan, versamel al die Jode wat in Susan teenwoordig is, en vas vir my, en eet of drink nie drie dae, nag of dag nie. Ek en my diensmeisies sal net so vas; en so sal ek by die koning ingaan, wat nie volgens die wet is nie; en as ek omkom, vergaan ek.
ESTER 4:14-16 Die Boodskap (DB)
As jy in ’n krisistyd soos hierdie stilbly, kom daar dalk van ’n ander kant af hulp vir die Jode. Hulle word dalk gered, maar dan sal jy en jou familie as verraaiers beskou word. Dan sal julle nie meer welkom wees by julle eie mense nie. Wie weet, dalk moes jy juis koningin word om jou volk te help.” Daarop het Ester vir Mordegai laat weet: “Gaan maak al die Jode in Susan bymekaar en vas ter wille van my. Vir drie volle dae moet julle niks eet of drink nie. Ek en my kamerpersoneel sal dit ook doen. Daarna, al is dit onwettig, sal ek na die koning toe gaan. En as dit dan my einde moet wees, dan is dit goed so.”
ESTER 4:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As jy in hierdie tyd gaan stilbly, gaan uitkoms en redding vir die Jode van ’n ander plek af kom. Jy en jou familie sal dan uitgewis word. Wie weet of dit nie miskien juis met die oog op ’n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!” Ester het hom geantwoord: “Gaan maak al die Jode wat jy in Susan kan kry bymekaar. Vas ter wille van my. Vir drie dae lank moet julle dag en nag niks eet of drink nie. Ek en my diensmeisies sal net so vas. Al is dit in stryd met die voorskrif sal ek na die koning toe gaan. As ek dan daarvoor moet sterf, moet ek maar sterf.”