EFESIËRS 6:6-7
EFESIËRS 6:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle moenie net werk wanneer julle eienaars vir julle kyk nie, julle moenie werk sodat mense van julle kan hou nie. Nee, julle moet werk soos slawe van Christus omdat dit vir julle lekker is om te doen wat God wil hê. Julle moet julle werk graag doen. Dit moet vir julle wees soos wanneer julle vir die Here self werk, nie soos wanneer julle vir mense werk nie.
EFESIËRS 6:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar soos diensknegte van Christus wat die wil van God van harte doen en met goedwilligheid die Here dien en nie mense nie
EFESIËRS 6:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Al is julle slawe, doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie.
EFESIËRS 6:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
nie met lippediens om mense se guns te wen nie, maar as slawe van Christus wat die wil van God van harte doen, terwyl julle met blymoedigheid julle diens verrig, soos vir die Here, en nie vir mense nie.
EFESIËRS 6:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nie met oogdiens, soos mensebehaers nie; maar as dienaars van Christus, wat die wil van God uit die hart doen; Met goeie wil dien soos aan die Here en nie aan mense nie
EFESIËRS 6:6-7 Die Boodskap (DB)
Moenie net hard werk as jou baas vir jou kyk om in sy goeie boekies te kom nie. Werk liewer hard omdat julle aan Christus behoort en doen wat God van julle vra so goed julle kan. Julle werk mos nie eintlik vir mense nie, maar vir die Here. Laat dit straal uit alles wat julle doen.
EFESIËRS 6:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie mense probeer tevrede stel deur net gehoorsaam te wees wanneer hulle julle kan sien nie. Nee, werk as slawe van Christus wat met volle oorgawe God se wil doen. Doen julle werk entoesiasties, asof julle dit vir die Here doen en nie vir mense nie.