EFESIËRS 6:19
EFESIËRS 6:19 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet ook vir my bid. Bid dat God die regte woorde vir my sal gee wanneer ek praat. Dan sal ek die goeie boodskap preek, ek sal nie bang wees om dit te doen nie. Niemand het voorheen hierdie boodskap geken nie, maar God het nou vir ons gesê wat dit is.
EFESIËRS 6:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak
EFESIËRS 6:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.
EFESIËRS 6:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Bid ook vir my sodat, wanneer ek my mond oopmaak, die gepaste woord vir my gegee mag word, om met vrymoedigheid die geheimenis van die evangelie bekend te maak
EFESIËRS 6:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En vir my, sodat uitspraak aan my gegee kan word, dat ek my mond met vrymoedigheid kan oopmaak, om die verborgenheid van die evangelie bekend te maak