EFESIËRS 6:17-19
EFESIËRS 6:17-19 Die Boodskap (DB)
Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer. Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie. Bid asseblief vir my dat die Here vir my die regte woorde sal gee wanneer ek met mense oor Hom praat, sodat ek nie bang sal wees om vir mense van Jesus te vertel nie, al verstaan hulle nie altyd alles mooi nie.
EFESIËRS 6:17-19 Bybel vir almal (ABA)
God het julle gered en julle moet dit aanvaar. Dit is soos die helm op 'n soldaat se kop. God praat met julle. Ja, die Heilige Gees sê vir julle wat God sê. Dit is soos die swaard waarmee 'n soldaat veg. Julle moet altyd luister na die Heilige Gees en dan moet julle bid, julle moet vir God vra wat julle nodig het. Ja, julle moet altyd gereed wees en aanhou bid vir al God se mense. Julle moet ook vir my bid. Bid dat God die regte woorde vir my sal gee wanneer ek praat. Dan sal ek die goeie boodskap preek, ek sal nie bang wees om dit te doen nie. Niemand het voorheen hierdie boodskap geken nie, maar God het nou vir ons gesê wat dit is.
EFESIËRS 6:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees — dit is die woord van God — terwyl julle met alle gebed en smeking by elke geleentheid bid in die Gees, en juis daartoe waak met alle volharding en smeking vir al die heiliges en vir my, sodat 'n woord my gegee mag word as ek my mond oopmaak om met vrymoedigheid die verborgenheid van die evangelie bekend te maak
EFESIËRS 6:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.
EFESIËRS 6:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dra ook die helm van verlossing en die swaard van die Gees – dit is die woord van God. By elke geleentheid wanneer julle bid en smeek, moet julle telkens deur die Gees bid. Daarom moet julle waaksaam wees, deur volhardend te pleit vir al die •heiliges. Bid ook vir my sodat, wanneer ek my mond oopmaak, die gepaste woord vir my gegee mag word, om met vrymoedigheid die geheimenis van die evangelie bekend te maak
EFESIËRS 6:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En neem die helm van verlossing en die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Bid altyd met alle gebed en smeking in die Gees, en waak daartoe met alle volharding en smeking vir al die heiliges; En vir my, sodat uitspraak aan my gegee kan word, dat ek my mond met vrymoedigheid kan oopmaak, om die verborgenheid van die evangelie bekend te maak
EFESIËRS 6:17-19 Die Boodskap (DB)
Jy is nie meer in die kloue van die sonde nie; nee, jy is gered. Dit is soos ’n ysterhelm wat jou gesig en kop beskerm. Die boodskap van God is soos ’n swaard wat die Heilige Gees vir jou gee om die stryd mee te voer. Dit maak nie saak wat gebeur nie, julle moet altyd bid. Praat met God en vra Hom wat julle wil weet. Die Heilige Gees sal julle daarmee help. Onthou dit en moenie julle onkant laat vang nie. Moet ook nie vergeet om gedurig vir julle mede-Christene te bid nie. En moenie van my vergeet nie. Bid asseblief vir my dat die Here vir my die regte woorde sal gee wanneer ek met mense oor Hom praat, sodat ek nie bang sal wees om vir mense van Jesus te vertel nie, al verstaan hulle nie altyd alles mooi nie.
EFESIËRS 6:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gebruik God se verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm. En gebruik die swaard van die Gees, dit is God se woord. Doen alles deur gebed en smeking. Laat die Gees julle elke keer in die gebed lei. Bly in alle omstandighede op julle hoede en bid vir almal wat aan God behoort. Bid ook vir my, dat wanneer ek moet praat, woorde aan my gegee sal word om met vrymoedigheid die geheime plan van die Goeie Nuus bekend te maak.