EFESIËRS 6:13-16
EFESIËRS 6:13-16 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet julle soos soldate al die klere en wapens gebruik wat God vir julle gee. As julle dit doen, dan sal julle kan veg wanneer die slegte dag kom en die oorlog begin, en wanneer die oorlog verby is, dan sal julle nog staan. Julle moet vas staan. Julle moet die waarheid praat. Dit is soos die belt om 'n soldaat se heupe. Julle moet altyd doen wat reg is. Dit is soos die harnas van 'n soldaat. Julle moet die goeie boodskap ken en glo, die boodskap dat God vir ons vrede gee. Dit is soos 'n soldaat se skoene. Julle moet aanhou om in Christus te glo. Dit is soos wanneer 'n soldaat 'n skild neem om hom te beskerm, dit keer die brandpyle waarmee die duiwel julle wil skiet.
EFESIËRS 6:13-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan, en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede. Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
EFESIËRS 6:13-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.
EFESIËRS 6:13-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly. Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van •geregtigheid, en deur die bereidheid vir die evangelie van vrede as skoene aan julle voete aan te trek, en by dit alles die skild van die geloof op te neem, waardeur julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die Bose te blus.
EFESIËRS 6:13-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan op, julle lendene omgord met waarheid en met die borswapen van geregtigheid aan; En julle voete is geskoene met die voorbereiding van die evangelie van vrede; Bo alles, neem die skild van geloof waarmee julle in staat sal wees om al die vurige pyle van die goddelose te blus.
EFESIËRS 6:13-16 Die Boodskap (DB)
Dit is die klere wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen: die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm. Jy moet altyd gereed wees om vir ander te vertel van die vrede wat Jesus vir ons bring. Dit moet soos die skoene aan jou voete wees. Dan is daar nog jou geloof. Die intieme verhouding met die Here moet soos ’n skild wees waarmee jy al die giftige aanvalle van die Bose keer en eenkant toe slaan.
EFESIËRS 6:13-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vasstaan. Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan. Trek die bereidheid om die Goeie Nuus van vrede te verkondig aan soos skoene aan julle voete. Dra onder alle omstandighede die skild van die geloof. Daarmee kan julle al die brandpyle blus wat die Bose afskiet.