EFESIËRS 6:11,13-14
EFESIËRS 6:11 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet alles gebruik wat God vir julle gee om aan te hou oorlog maak teen die duiwel. Hy maak baie skelm planne teen julle.
Efesiërs 6:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Daarom moet julle soos soldate al die klere en wapens gebruik wat God vir julle gee. As julle dit doen, dan sal julle kan veg wanneer die slegte dag kom en die oorlog begin, en wanneer die oorlog verby is, dan sal julle nog staan. Julle moet vas staan. Julle moet die waarheid praat. Dit is soos die belt om 'n soldaat se heupe. Julle moet altyd doen wat reg is. Dit is soos die harnas van 'n soldaat.
EFESIËRS 6:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
EFÉSIËRS 6:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan
EFESIËRS 6:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.
EFESIËRS 6:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas
EFESIËRS 6:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die listighede van die Duiwel.
Efesiërs 6:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Neem daarom die volle wapenrusting van God op, sodat julle op die dag van onheil weerstand kan bied en, nadat julle alles uitgevoer het, staande kan bly. Staan dan vas, deur julle heupe te omgord met die waarheid, julle te bedek met die borsplaat van •geregtigheid
EFESIËRS 6:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Efesiërs Efesiërs 6:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly. Staan dan op, julle lendene omgord met waarheid en met die borswapen van geregtigheid aan
EFESIËRS 6:11 Die Boodskap (DB)
Laat ek die voorbeeld van soldate in ’n oorlog gebruik. Trek die klere aan wat God vir julle gegee het om mee te veg sodat die duiwel julle nie sommer om die eerste hoek en draai met al sy slim planne oorrompel nie. Een ding moet julle weet. Daar is ’n oorlog aan die gang en ons veg ook daarin.
Efesiërs 6:13-14 Die Boodskap (DB)
Dit is die klere wat julle moet aantrek om te keer dat die duiwel iets aan julle doen: die waarheid moet jy soos ’n belt om jou middel vasbind. Die wete dat God jou van al jou sondes vrygespreek het, moet soos ’n stuk staal jou bors beskerm.
EFESIËRS 6:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Om staande te bly teen die listigheid van die duiwel moet julle God se gevegstoerusting aantrek.
EFESIËRS 6:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarom moet julle God se gevegstoerusting aantrek. Dan, wanneer die Bose julle aanval, sal julle weerstand kan bied, en na die hele geveg verby is, sal julle nog vasstaan. Staan dus vas deur waarheid as ’n gordel om julle heupe te dra en trek God se vryspraak as borsharnas aan.