EFESIËRS 6:1-3
EFESIËRS 6:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Kinders, julle behoort aan die Here. Daarom moet julle gehoorsaam wees aan julle ouers. Dit is die regte ding om te doen. In die Ou Testament is geskryf: Jy moet jou ouers respekteer. Dit is die eerste wet waarin die Here ook iets vir ons belowe. Die Here belowe
EFESIËRS 6:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
KINDERS, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder — dit is die eerste gebod met 'n belofte — sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
EFESIËRS 6:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die wet van God vereis. “Eer jou vader en jou moeder” is 'n baie belangrike gebod. En daar is nog 'n belofte by: “sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.”
EFESIËRS 6:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kinders, wees in die Here aan julle ouers gehoorsaam, want dit is hoe dit hoort. “Eer jou vader en jou moeder,” dit is die eerste gebod met 'n belofte, “sodat dit met jou goed mag gaan, en jy 'n lang lewe op aarde sal hê.”
EFESIËRS 6:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kinders, gehoorsaam julle ouers in die Here, want dit is reg. Eer jou vader en jou moeder; (wat die eerste gebod met belofte is;) Dat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde.
EFESIËRS 6:1-3 Die Boodskap (DB)
Vir die kinders wil ek die volgende sê: as Christene moet julle na julle ouers luister. Dit is wat God van julle vra. Die Skrif sê: “Jy moet jou pa en ma respekteer” - kyk mooi hoe gaan hierdie gebod verder, want dit is die eerste gebod waarin God iets beloof - “sodat dit goed met jou sal gaan en jy ’n lang en gelukkige lewe mag hê.”
EFESIËRS 6:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kinders, omdat julle aan die Here verbonde is, moet julle aan julle ouers gehoorsaam wees. Dit is mos die regte ding om te doen! “Eer jou vader en jou moeder” is die eerste van die Tien Gebooie waaraan ’n belofte verbind is: “Sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank op die aarde mag lewe.”