EFESIËRS 5:6-14
EFESIËRS 5:6-14 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mense wat vir julle dinge wil leer wat nie waar is nie, hulle wil hê julle moet verkeerd doen. Julle moenie doen wat hulle sê nie, want mense wat hierdie slegte dinge doen, is nie gehoorsaam aan God nie en daarom sal God hulle straf. Daarom moet julle nie saam met hulle slegte dinge doen nie. Voorheen was julle soos mense wat in die donker lewe, maar nou behoort julle aan die Here en nou is julle in die lig. Daarom moet julle lewe soos mense wat in die lig lewe. Julle moet die dinge doen wat mense doen wat in die lig lewe, julle moet goeie dinge doen, dinge wat reg is, julle moet eerlik wees. Julle moet uitvind waarvan die Here hou en julle moet dit doen. Julle moenie die dinge doen wat die mense doen wat in die donker lewe nie. Hulle doen dinge wat nie goed is nie. Julle moet vir hulle almal sê dat hulle dinge doen wat verkeerd is. Hulle doen baie slegte dinge in die geheim, dit is so sleg dat 'n mens nie daaroor wil praat nie. Wanneer die lig op daardie dinge skyn, dan wys dit vir almal hoe daardie dinge is. Ja, 'n mens kan sien hoe iets is wanneer die lig daarop skyn. Daarom sing ons
EFESIËRS 5:6-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. Wees dan nie hulle deelgenote nie. Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig. Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid. En beproef wat die Here welbehaaglik is; en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem. Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
EFESIËRS 5:6-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie dat iemand julle met allerlei onwaarhede mislei nie, want daardeur kom die straf van God oor die mense wat aan Hom ongehoorsaam is. Met sulke mense moet julle niks te doen hê nie. Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. Vra julle voortdurend af of iets vir die Here aanneemlik is, en moenie meedoen aan die vrugtelose praktyke van die duisternis nie, maar stel dit eerder aan die kaak. Dit is 'n skande om selfs te praat oor die dinge wat die ongehoorsame mense in die geheim doen. Maar alles word aan die kaak gestel wanneer die lig daarop val. En as iets bekend geword het, is dit in die lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood; en Christus sal jou lewe verlig.”
EFESIËRS 5:6-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat niemand julle verlei met niksseggende redenasies nie, want daardeur kom die toorn van God oor die seuns van die ongehoorsaamheid. Moet dus nie deel van hulle wees nie. Want vroeër was julle wel duisternis, maar nou, in die Here, is julle lig. Leef as kinders van die lig! Die vrug van die lig bestaan immers uit alle goedheid en •geregtigheid en waarheid. Beproef wat vir die Here aanneemlik is. Ja, moenie deel hê aan die onvrugbare werke van die duisternis nie; stel dit eerder aan die kaak. Want die dinge wat deur hulle in die geheim gedoen word – selfs net om daaroor te praat, is skandelik. Tog word alles wat deur die lig ontmasker word, openbaar; immers, alles wat sigbaar word, is lig. Daarom word gesê: Word wakker, jy wat slaap, en staan op uit die dood en •Christus sal sy lig oor jou laat skyn.
EFESIËRS 5:6-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Laat niemand julle met ydele woorde mislei nie, want hierdeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid. Moenie dan deelgenote met hulle wees nie. Want soms was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here; wandel soos kinders van die lig. (Want die vrug van die Gees is in alle goedheid en geregtigheid en waarheid;) Beproef wat vir die Here welgevallig is. En moenie gemeenskap hê met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer. Want dit is 'n skande om selfs te praat van die dinge wat in die geheim van hulle gedoen word. Maar alles wat bestraf word, word deur die lig openbaar, want alles wat openbaar word, is lig. Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal jou verlig.
EFESIËRS 5:6-14 Die Boodskap (DB)
Moenie julle laat bedrieg deur mense wat hierdie dinge wil goedpraat met baie woorde wat eintlik dolleeg is nie. Sulke dinge bring mense in die moeilikheid by God. God sal hulle straf as hulle nie na Hom wil luister nie. Bly weg van sulke mense af, hoe verder, hoe beter. Julle was ook eens op ’n tyd soos mense wat in die donker geleef het. Nou dien julle die Here en leef dus soos mense wat in die lig kan sien wat hulle doel is. Leef dus soos mense wat niks wil wegsteek nie, maar wat alles oop en bloot in die lig doen. (Iemand wat so leef, is goed vir ander, tree op soos God van hom verwag en staan by die waarheid.) As julle iets doen, vra of die Here daarmee tevrede sal wees. Bly weg van mense wat in die donker konkel. Niks goeds of blywends kan uit die gekonkel gebore word nie. Waarsku liewer ander mense daarteen deur vir hulle te wys hoe verkeerd hierdie gekonkel is. Die dinge wat die ongehoorsame mense so in die donker aanvang, is so vieslik dat ek dit nie eens hier wil noem nie. As die lig van Jesus egter daarop val, sal almal kan sien hoe sleg hierdie dinge werklik is. In die lig kan ’n mens mos niks wegsteek nie en as dit eers in die lig is, is dit daar vir almal om te sien. Dit is daarom dat die Skrif sê: “Word wakker, jou slaper; word lewendig uit die dood, en Christus sal sy lig oor jou laat val.”
EFESIËRS 5:6-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Moenie om die bos gelei word deur mense wat verskonings soek vir hierdie sondes nie. Die feit is: omdat mense deur sulke dinge aan God onge-hoor-saam is, word hulle deur sy straf getref. Dus: moenie saam met hulle aan hierdie dinge deel-neem nie. Jul-le lewe was vroeër nag! Nou egter, deur julle ver-bon-denheid met die Here, is julle in-der-daad die ene lig. Leef dan soos mense van die lig. Uit dié lig kom mos alles wat goed en reg en waar is. Vind uit watter dinge die Here tevrede stel en moenie aanhou deelneem aan die nuttelose werke van die duisternis nie. Nee, ont-masker eerder hierdie werke, want mense doen in die geheim dinge wat te skandelik is vir woorde. Maar as die lig daarop skyn, kom alle dinge se wa-re ka-rakter aan die lig, en alles waarvan die ware ka-rak-ter aan die lig kom, is self lig. Daarom sê die lied: “Word wakker, jy wat slaap; staan op uit die dood, en Christus sal jou verlig!”