EFESIËRS 5:30-31
EFESIËRS 5:30-31 Die Boodskap (DB)
Dit is wat Jesus met die kerk doen, want die kerk is vir Hom sy eie liggaam. Die Skrif sê mos: “’n Man moet sy pa en ma verlaat en met sy vrou gaan saamleef. Die twee sal soos een mens wees.”
EFESIËRS 5:30-31 Bybel vir almal (ABA)
en ons behoort almal aan die kerk, sy liggaam. In die Ou Testament is geskryf
EFESIËRS 5:30-31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene. Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef, en hulle twee sal een vlees word.
EFESIËRS 5:30-31 Afrikaans 1983 (AFR83)
omdat dit sy liggaam is, waarvan ons lede is. Daar staan in die Skrif: “Daarom sal 'n man sy vader en moeder verlaat en saam met sy vrou lewe, en hulle twee sal een wees.”
EFESIËRS 5:30-31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ons is immers lede van sy liggaam. “Om hierdie rede sal 'n man sy vader en moeder verlaat, en hom aan sy vrou verbind – en hulle twee sal een vlees wees.”