EFESIËRS 5:25-26
EFESIËRS 5:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mans, julle moet julle vroue liefhê, soos ook Christus die kerk liefgehad het en Homself ter wille van haar oorgegee het, sodat Hy haar kon heilig, deurdat Hy haar gereinig het deur die was met water en die woord.
EFESIËRS 5:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mans, julle moet julle vroue liefhê net soos Christus die kerk liefgehad het toe Hy sy lewe daarvoor gegee het om só die kerk aan God toe te wy nadat Hy die kerk met die water en deur die woord gereinig het en
EFESIËRS 5:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Mans, julle moet lief wees vir julle vroue, soos Christus lief is vir die kerk. Christus het gesterf sodat die kerk kan lewe. Hy het gesterf sodat die kerk, die gelowiges, aan God kan behoort. Nou is hulle rein, want hulle is gedoop en Christus het gesê hulle behoort aan Hom.
EFESIËRS 5:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord
EFESIËRS 5:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Mans, julle moet julle vrouens liefhê soos Christus die kerk liefgehad en sy lewe daarvoor afgelê het. Dit het Hy gedoen om die kerk aan God te wy, nadat Hy dit met die water en die woord gereinig het
EFESIËRS 5:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Mans, julle moet julle vrouens liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor gegee het; sodat Hy dit kan heilig en reinig met die waterbad deur die woord
EFESIËRS 5:25-26 Die Boodskap (DB)
Vir die man wil ek die volgende sê: Jy moet jou vrou liefhê; wees lojaal teenoor haar en kom jou verpligtings teenoor haar na soos Christus dit teenoor sy kerk doen. Hy het selfs sy lewe ter wille van die kerk gegee toe dit nodig was. Dit het Hy gedoen sodat die kerk net God s’n kan wees en daar niks in die kerk moet wees wat nie by God pas nie. Dit het gebeur deur die doop en die Woord.