EFESIËRS 5:22-23
EFESIËRS 5:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Vroue, julle dien die Here, daarom moet julle ook julle mans dien, want die man is die hoof van sy vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Die kerk is Christus se liggaam en Hy het die kerk gered.
EFESIËRS 5:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VROUE, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
EFESIËRS 5:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Vrouens, wees aan julle mans onderdanig, net soos julle aan die Here onderdanig is. Die man is die hoof van die vrou, soos Christus die hoof van die kerk is. Christus is ook die Verlosser van die liggaam, sy kerk.
EFESIËRS 5:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Vroue, wees onderdanig aan julle mans, soos aan die Here, omdat die man die hoof is van die vrou, soos Christus ook hoof is van die •kerk; Hy is Verlosser van die liggaam.
EFESIËRS 5:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Vrouens, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here. Want die man is die hoof van die vrou, net soos Christus die Hoof van die gemeente is, en Hy is die Verlosser van die liggaam.
EFESIËRS 5:22-23 Die Boodskap (DB)
Laat ek eers met die vroue praat. Jy moet die leiding van jou man aanvaar soos ons die leiding van die Here aanvaar. Die man moet die leiding oor sy vrou neem soos Christus die leiding in sy kerk neem. Hy het mos sy kerk uit die kloue van die sonde gered.